Beyond Moving

Die jong Siphe November verlaat die klein township van Zolani in Suid-Afrika om sy drome na Kanada se nasionale balletskool te volg. Op hierdie merkwaardige reis klop die innig persoonlike polsslag van familie, vooroordeel, verwagting, verlies en uithouvermoë vlak onder die oppervlak van ’n beeldskone en veeleisende kunsvorm. Terwyl hy sweef oor verhoë dwarsoor die wêreld is hy verskeurd oor die veranderende verhoudings met die belangrike mense in sy lewe. Hy voel ’n diep verantwoordelikheid teenoor sy ma wat hy wil help om ’n beter lewe te lei. Sy eerste balletonderwyser is opgewonde oor sy sukses, maar verwag ook dat hy iets teruggee aan die gemeenskap waaruit hy kom.

“ ’n Pragtige, hartverwarmende en inspirerende joie de vivre uit die wêreld van dans wat sny tot aan die hart van opoffering, liefde en hoop.”
– Alex Lee, kreatiewe hoof: Doc Edge-fees, Nieu-Seeland

Vervaardiger: Francesca Cimolai
Regisseur: Vikram Dasgupta
Draaiboek: Vikram Dasgupta
Met: Siphe November
Tydsduur: 83 min
Taal: Engels
Ouderdomsbeperking: OB

2 September 13:00