iBhokhwe [The Goat]

’n Seun wat pas tradisionele besnydenis-inisiasie ondergaan het, sit in ’n afgeleë, donker, eenvoudige hut. Hy is bedek van kop tot tone met verf, wat gemaak is van klei, wat hom so wit soos ’n bok laat lyk. Hy is veronderstel om nou geleidelik beter te begin voel, maar hy ervaar die teendeel. Hy kry bitter koud en is in pyn. Sy oupa, wat hom in sy nuwe lewe moet inlei, is nog nie hier nie. Die seun se paniek verander in desperaatheid. Ulwaluko is ’n Xhosa-besnydenis-inisiasie tot manlikheid. Daar word geglo hierdie ritueel reining seuns van homoseksuele drange, waarvoor daar geen plek in die wêreld van volwassenes is nie.

Vervaardiger: Elias Rebeiro
Regisseur: John Trengove
Draaiboek: John Trengove
Tydsduur: 12 min
Taal: Xhosa met Engelse onderskrifte
Met: Thando Mhlontlo, Nkosipendule Cengani, Hlangi Vundla, Mbasa Tsetsana
Ouderdomsbeperking: 16 N

2 September 9:15