Kingdoms of Fire, Ice and Fairytales

Kingdoms of Fire, Ice and Fairytales is ’n avontuurlike reis saam met die twee vroue wat die internasionaal hoog aangeskrewe, veelbekroonde Stroop: Journey into the Rhino Horn War gemaak het. In hul jongste dokumentêr verken hulle drie van die aarde se mees ongerepte wildernisse; ruimtes wat jou met verwondering en ontsag vul; plekke waar jy kan voel hoe die lewe ’n miljoen jaar gelede moes wees. Bonné de Bod en Susan Scott wys ook die verskeie uitdagings wat hulle die hoof moes bied om hierdie afgeleë koninkryke van die natuur vas te vang – van temperature om die minus 20º in die Arktiese Poolsirkel tot die kokende hitte van die Yellowstone se supervulkaan.

En wat leer hulle op hierdie epiese tog? Dat die planeet nooit teleurstel nie. Hulle ontdek nie net beeldskone natuur nie, maar ook legendariese stories oor die oorwinning van vrees en die vernuwing van die siel – herinneringe dat ons steeds verbind is met waar ons vandaan kom.

Vervaardiger: Bonné de Bod
Regisseur: Susan Scott
Script: Susan Scott
Draaiboek: Bonné de Bod
Tydsduur: 50 min
Taal: Engels
Ouderdomsbeperking: OB

4 September 12:45