Lumo

Op pad huis toe word Lumo Sinai (20) en ’n ander vrou verkrag deur ’n groep soldate wat veg vir beheer oor die Demokratiese Republiek van die Kongo gedurende die Rwandese volksmoord van 1994. Die verkragting veroorsaak ernstige fistelskade wat Lumo inkontinent en onvrugbaar maak. Nadat sy deur haar verloofde en die meeste mense in haar dorp verwerp word, vind sy haar pad na die enigste plek waar daar moontlik vir haar hulp sal wees: ’n hospitaal vir verkragtingslagoffers aan die grens van Rwanda. Op die onseker weg na herstel leer Lumo hoe solidariteit tussen vroue die verskriklikste wonde kan genees.

Student Academy Award-wenner vir Beste dokumentêr 2007

Vervaardigers: Louis Abelman, Bent-Jorgen Perlmutt, Nelson Walker III
Regisseur: Bent-Jorgen Perlmutt
Skrywer: Lynn True
Met: Lumo Sinai
Tydsduur: 72 min
Taal: Swahili en Frans met Engelse onderskrifte