Mthunzi

Dis ‘n snikhete somerdag in ‘n voorstad in Suid-Afrika. Mthunzi (18) is op pad terug van die supermark, winkelsakke in sy hande. Hy kom op Charity af wat besig is om ’n stuipe-aanval te kry. Haar niggie Patricia vra vir Mthunzi om te help om Charity die huis in te dra. Beurtkrag begin en Patricia vra dat Mthunzi na haar tannie kyk terwyl sy die kragopwekker aan die gang kry. Charity kom intussen weer by en onthou waarom sy buite was – haar hond is weg. Sy smeek vir Mthunzi om die hondefluitjie te gaan soek. Jesse, Patricia se broer, kom die huis binne en dink Mthunzi is ‘n inbreker. Mthunzi probeer verduidelik, maar Charity kry weer ‘n aanval. Mthunzi hardloop uit die huis die straat in.

Vervaardiger: Tebogo Malebogo and Petrus van Staden
Regisseur: Tebogo Malebogo
Draaiboek: Tebogo Malebogo
Tydsduur: 12 min
Taal: Engels
Met: Nala Khumalo, Inge Beckmann, Jamie-Lee Money, Russell Crous
Ouderdomsbeperking:: 13 T

3 September 9:15