Parow to Parow Fest: The Jack Parow Story

Sedert Jack Parow in 2010 die Suid-Afrikaanse musiektoneel met “Cooler as eke” soos ’n petrolbom getref het, het hy iets reggekry waarin bitter min ander plaaslike kunstenaars kon slaag: om ’n ondersteunersbasis in Nederland en België op te bou wat hom steeds lojaal volg. In 2017 het hy saam met van die Lae Lande se grootste hip hop-kunstenaars en rapgroepe sy eerste eie fees in Utrecht aangebied – die Parow Fest, ’n vier uur lange skouspel in ’n uitverkoopte saal.

Hierdie dokumentêr volg die pad wat Zander Tyler moes stap van sy kinderdae in die noordelike voorstede van Kaapstad tot daardie oomblik waar hy op die verhoog stap by sy eie fees voor duisende jillende aanhangers meer as 10 000 kilometer van die huis af.

Vervaardiger: Niel van Deventer
Regisseur: Charlenè Brouwer
Met: Jack Parow, Fokofpolisiekar, Valiant Swart, Danie Marais, Loki Rothman, Louise Crouse, Merwe Marchand Le Roux, Rufio Vegas en Hardus van Deventer
Tydsduur: 59 min
Taal: Afrikaans, Nederlands en Engels met Engelse onderskrifte
Ouderdomsbeperking: 16 ST

4 September 11:00 (webinaarvoorskou)
Vanaf 4 September, 19:00, eksklusief op BoxOffice beskikbaar.