STAM [The Tree]

Êrens in ’n klein versteekte hoekie van die middestad van Kaapstad, laat Chantel, ’n voortvlugtende verslaafde, haar kind, Jona, alleen op straat om met haar lyf nog dwelmgeld te verdien. Dawid, ’n gefrustreerde polisieman, worstel met demone uit sy traumatiese kinderjare. Samiah, ’n verpleegster, klou nog vas aan fantasieë wat haar daarvan weerhou om die lewe te sien vir wat dit is. Aphiwe, ’n vooruitstrewende kreatiewe hoof van ‘n advertensie-agentskap, bevind hom in ’n verbrokkelende verhouding en word gekonfronteer met sy vrees vir intimiteit. In ’n stad wat verskeur word deur konflik, teenstrydighede en ‘n brutale stryd om oorlewing, kom dié vier karakters tot nuwe insigte. Woede ontmoet liefde. Verlies loop in betekenis vas. Een nag, een stad, vier lewens wat verstrengel raak en vir altyd verander as gevolg van die helder blik van ’n onskuldige kind.

“Uniek Afrikaans sonder enige resepmatigheid of voorspelbaarheid. ’n Barshou vir Afrikaanse film.”

Leon van Nierop, filmresensent

“Beeldskoon verfilm met uitsonderlike spel. ‘n Roerende verhaal, wat eerlik en teer vertel word. Dit is ‘n film wat jou lank sal bybly.”
Hugo Theart, direkteur: KKNK

Vervaardigers: Elias Ribeiro en Cait Pansegrouw
Regisseur: Louw Venter
Draaiboek: Louw Venter
Tydsduur: 75 min
Taal: Afrikaans en Engels met Engelse onderskrifte
Met: Gideon Lombard, Tarryn Wyngaard, Niza Jay, Inge Beckmann, Armand Aucamp, Neil Heyns
Ouderdomsbeperking: 18 S G T D N

4 September 16:00