Agter die Silwerskerm – Carving Light – Onderhoud met Lothar Böttcher

Beeldjie vir Silwerskermfees 2022 Titel: Carving Light [Gekerfte lig] Medium: Handgekerfte, gesnyde en gepoleerde optiese glas

Lig laat ons die wêreld om ons waarneem. Fotone, the elementêre partikels van lig, bons af van en vibreer om alles wat ons sien. Dit is ’n meedoënlose dans van energie wat voortdurend om ons gebeur.

Vir die beeldhouwerk wat ek vir die Silwerskermfees geskep het, Carving Light [Gekerfte lig], het ek met die idee van ’n kamera gewerk waar die lens fokus op die helder energie van lig om ’n beeld vas te lê.

Deur gebruik te maak van optiese glas in kombinasie met eeue oue tegnieke van slyp en poleer, verken ek die norm en rol van persepsie.

Ons hoef nie te mik na en te fokus op ’n klein ruimte wat bloot ’n geraamde deeltjie van ’n kosmiese geheel is nie.

Deur ’n objek te maak wat in vorm en grootte aan ’n filmkamera herinner, verander ek die rol van die kyker wat nou die aangrensende ruimtes binne en buite in ’n nuwe lig kan beleef.

Die storie van Carving Light [Gekerfte lig] kan uit enige hoek vertel word en dit gee aan die kyker ’n fenomenologiese ervaring uniek aan sy eie oogpunt.