Project Description

Les vulnérables

Les vulnérables speel af in die Demokratiese Republiek van die Kongo. Dis die verhaal van ’n skoolseun, Stewart, wat sy manlikheid wil bewys deur sy voorheen beroemde, nou gestremde pa te help om goedere oor die grens tussen Kongo en Rwanda te smokkel. Stewart, ’n tingerige tiener, moet sy pa in sy rolstoel deur die woelige strate van ’n Kongolese dorp stoot om by die grens uit te kom. Langs pad kom hulle verskeie van sy pa se bewonderaars en ou bondgenote teë en elkeen van hulle leer vir Stewart ’n les oor respek.

Vervaardigers: Valentina Canavesio, Bent-Jorgen Perlmutt, Nelson Walker III
Regisseur: Bent-Jorgen Perlmutt
Draaiboek: Bent-Jorgen Perlmutt
Met: Stewart Lunanga, Freddy Makondo, Benjamin Maneno, Pascal Bashombana
Tydsduur: 14 min
Taal: Swahili en Frans met Engelse onderskrifte
Ouderdomsbeperking:  OB-13