Het jy ’n eg Suid-Afrikaanse storie wat jy brand om te vertel? Dan moet jy daardie storie-idee vir die Pitch Vir Ons-kompetisie inskryf.
Indien jou idee as een van die topses gekies word, sal jy gementor word om dit verder te ontwikkel by die kykNET Silwerskermwebinaar 2020 in ’n werkswinkel aangebied deur die gerekende Hollywood-filmvervaardiger Kisha Imani Cameron.

In ’n regstreekse sessie gedurende die webinaar sal die topses-idees voorgelê word aan die beoordelaars en die webinaardeelnemers, wat vir hulle gunsteling sal kan stem. Die Pitch Vir Ons-wenner, wat deur die beoordelaars aangewys word, se idee sal tot ‘n kortfilm ontwikkel word wat by die 2021 kykNET Silwerskermfees vertoon sal word. Die gehoorgunsteling wen twee nagte verblyf by The Bay Hotel in Kampsbaai gedurende die 2021 kykNET Silwerskermfees.

Skryf jou storie-idee in met ’n 60”-voorleggingsvideo (nie groter as 50 MB nie) vergesel van ’n beskrywing van 250 woorde.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is 21 Augustus 2020. Kom, deel jou storie met die wêreld!