
TV-benoemings vir vanjaar se kykNET Silwerskermtoekennings bekend
Elke jaar gaan die gesogte kykNET Silwerskermtoekennings vir Film en TV net van krag tot krag. En vanjaar se televisie-benoemdes, wat verskeie genres en formate insluit, weerspieël weer eens die uitsonderlike talent en kreatiwiteit in die Afrikaanse vermaaklikheidslandskap.
Die toekenningsgeleentheid, wat die beste speelfilm en -akteurs van die fees saam met top-televisieprestasies vereer, vind op Saterdag 23 Augustus by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (Kiks) plaas.
By die glansryke afsluitingsfunksie van die kykNET Silwerskermfees word die ikoniese blou tapyt vir die grootste sterre in die land uitgerol en top-musikante gaan vir vermaak sorg. Die geleentheid word deur Armand Aucamp en Rozanne McKenzie aangebied, en gaste kan uitsien na optredes deur Early B, Janie Bay en Elandré.
Dit sal die volgende aand, Sondag 24 Augustus, om 19:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai word.
“Terwyl Suid-Afrika se beste akteurs wêreldwyd sou kon presteer, sou internasionale akteurs nie kon vermag wat Suid-Afrikaanse talent daagliks doen nie,” sê Waldimar Pelser, direkteur van M-Net se Premium-kanale. “Ons mense het die uitnemende vermoë om iets op die skerm vas te vang van wat dit beteken om nóú híér te wees en te leef.
“Dis verstommend hoe dinamies hierdie klein bedryf is, en geweldig lekker om vanjaar se benoemdes vir ’n oomblik in die kollig te sien staan voordat die harde werk van film- en TV-maak hervat,” sê hy. “Hierdie benoemdes weet beter as enigiemand hoeveel bloedsweet dit verg. Ons eer hulle daarvoor, want hulle maak kykers se lewens eindeloos ryker.”
Die TV-benoemings vir die kykNET Silwerskermtoekennings vir Film en Televisie is:
- Beste hoofspeler in ’n komedie
- Jai’prakash Sewram – Banana Air (S1)
- Emile Smit – Mince jou hare (S1)
- Bianca Flanders – Mince jou hare (S1)
- Pietie Beyers – Pronk Primêr (S1)
- Beste byspeler in ’n komedie
- Gershwin Mias – Mince jou hare (S1)
- Lee-Ann van Rooi – Mince jou hare (S1)
- Laura-Lee Mostert – Pronk Primêr (S1)
- Tobie Cronjé – Pronk Primêr (S1)
- Beste akteur in ’n drama
- Frank Opperman – Nêrens, Noord-Kaap (S2)
- Waldemar Schultz – Die Byl (S6)
- Jacques Bessenger – Een keer om die son (S1)
- Charlton George – Juffrou X (S1)
- Beste aktrise in ’n drama
- Milan Murray – Die Byl (S6)
- Jana Kruger – Een keer om die son (S1)
- Donnalee Roberts – Een keer om die son (S1)
- Trix Vivier – Juffrou X (S1)
- Ilse Klink – Nêrens, Noord-Kaap (S2)
- Beste manlike byspeler in ’n drama
- Albert Pretorius – Nêrens, Noord-Kaap (S2)
- Geon Nel – Nêrens, Noord-Kaap (S2)
- Liam Bosman – Een keer om die son (S1)
- Gershwin Mias – Juffrou X (S1)
- De Klerk Oelofse – Nêrens, Noord-Kaap (S2)
- Beste vroulike byspeler in ’n drama
- Melissa Willering – Die Byl (S6)
- Alma van Heerden – Een keer om die son (S1)
- Anja Taljaard – Juffrou X (S1)
- Daneel van der Walt – Nêrens, Noord-Kaap (S2)
- Marion Holm – Nêrens, Noord-Kaap (S2)
- Beste akteur in ’n telenovela of sepie
- Germandt Geldenhuys – Binnelanders (S14)
- Hykie Berg – Binnelanders (S14)
- Justin Strydom – Diepe waters (S3)
- Gershwin Mias – Skemergrond (S1)
- Dann-Jaques Mouton – Skemergrond (S1)
- Irvine van der Merwe – Suidooster (S10)
- Beste aktrise in ’n telenovela of sepie
- Mienke Ehlers – Wyfie (S2)
- Jill Levenberg – Suidooster (S10)
- Marlee van der Merwe – Binnelanders (S14)
- Nadia Valvekens – Diepe waters (S3)
- Sandi Schultz – Diepe waters (S3)
- Minke Marais – Reënboogrant (S1)
- Beste byspeler in ’n telenovela of sepie
- Lorraine Burger – Binnelanders (S14)
- Shimmy Isaacs – Skemergrond (S1)
- Gretchen Ramsden – Skemergrond (S1)
- Dirk Stoltz – Skemergrond (S1)
- Char Carrie – Suidooster (S10)
- Therese Bam – Wyfie (S2)
- Beste nuweling in ’n telenovela of sepie
- Zandélle Meyer – Binnelanders (S14)
- Julian Robinson – Binnelanders (S14)
- Caleb Swanepoel – Diepe waters (S3)
- Mila de Villiers – Reënboogrant (S1)
- Hunter Plaatjies – Skemergrond (S1)
- Beste aanbieder van ’n vermaaklikheidsprogram
- Emo Adams – Oppie noot
- Rian van Heerden – Wie word ’n miljoener?
- De Klerk Oelofse – Kyk wie praat
- Aiden Thomas – Sê jou sê
- Elwira Standili – Koortjies met Elwira Standili
- Beste aanbieder van ’n leefstylprogram (gekombineerd met sommige gesels- en joernaalprogramme)
- Erns Grundling – Elders (S7: Ligtoringroete)
- Lundi Khoisan – Fiësta
- Anzél Rabie – Anzél in die Boland
- Leah – Lottoland help ’n dorp
- Hannon Bothma – Glam guru
- Neil Sandilands – Die groot niks
- Minki van der Westhuizen – Lamb champs: Die hart en siel van skaapboerdery
- Ewan Strydom – Bravo!
- Beste aanbieder van ’n aktuele- of geselsprogram
- Lee-Ann van Rooi – Waar daar ’n wil is
- Hannes van Wyk – Kwêla
- Bonné de Bod – Bewonder en bewaar met Bonné de Bod
- Lourensa Eckard – In gesprek (S9)
- Rian van Heerden – Laataand by Rian
- Beste aanbieder van ’n realiteitsprogram
- Ewan Strydom – Plaasjapie
- Marciel Hopkins – Boer soek ’n vrou
- Robbie Kruse – Klein paradys
- Bertus Basson & Kobus Botha – Kokkedoor: Vuur & vlam
- Beste ensemble-aanbiederspan
- Breyton Paulse, Hamilton Wessels, Rika Nieuwoudt, Rikus de Beer, Janina Oberholzer, Jean de Villiers, Jonathan Mokuena, Jannie du Plessis, Tommy Dickson (Chef Vaatjie) – Toks & tjops
- Dawie Roodt, Charlene Lackay, Leon Gropp, Corli Prinsloo, Anneke de Beer – Ontbytsake
- Pierre Breytenbach, Jennifer Myburgh, Su-an Müller-Marais – Die groot ontbyt
Die legendes vir lewensbydraes in die televisiebedryf word op 6 Augustus vanjaar aangekondig.
Die wenners van die kykNET Silwerskermfees se ander kategorieë sal ook op Saterdag 23 Augustus tydens ’n oggend-toekenningsgeleentheid by The Bay-hotel aangekondig word.
Kaartjies vir die Silwerskermfees is by Quicket beskikbaar.
Die Silwerskermfees word deur Openserve, Stad Kaapstad, die Dagbreek Trust en die National Film and Video Foundation geborg.