Meesterklasse
Meesterklas 1 | Beskrywing |
---|---|
Vind jou filmstem. Aangebied deur prof. Lieza Louw en Karin Preller |
Sien, voel en hoor jou film.’ Idees vir artistieke en kreatiewe identeitsontwikkeling vir jong filmmakers. Kom saam op dié kolletiewe reis met skilder/teken en filmies-gebaseerde tegnieke en leer hoe om jou eie identiteit as ‘n filmmaker te ontdek. |
Meesterklas 2 | Beskrywing |
---|---|
‘n Inleiding tot rolprentontleding met die oog op resensies skryf. Aangebied deur Leon van Nierop |
Leon van Nierop, die bekende resensent, skrywer, uitsaaier en filmmaker bied ‘n meesterklas aan rondom die vrae: Wat onderskei ‘n goeie filmresensent? Hoe word ek ‘n suksevolle resensent? |
Meesterklas 3 | Beskrywing |
Wesgro bied aan: Ontmoet Todd Brown, Hoof van internasionale aankope, XYZ Films | ‘n Uur lange meesterklas oor hoe om jou film vir internasionale verkoops- en verspreidingsgeleenthede te verpak. |
Meesterklas 4 | Beskrywing |
Internasionale filmfeeste & kortfilms. Aangebied deur Wouter Jansen |
Met soveel filmfeeste en nuwes wat gedurig opskiet, is dit moeilik om te besluit wat die beste vir jou en jou film sal werk. Waar en wanneer begin jy terwyl jy nog aan jou film werk? By watter feeste wil jy eerste wys en watter keuses maak jy ná die première? Hoe kry jy die meeste uit die feeste waar jou film wys? Watter moontlikhede is daar om jou film aanlyn te versprei en te vertoon? Wouter sal al hierdie vrae beantwoord en verduidelik wat die beste strategie is om soveel blootstelling moontlik vir jou kortfilm te kry. Dié meesterklas sluit ‘n spesiale vertoning van My mamma is Bossies in wat internasionaal deur Square Eyes versprei is. |
Meesterklas 5 | Beskrywing |
---|---|
Tik Tok 101. Aangebied deur Carla Harris |
Gehoorontwikkeling deur middel van kort video’s op TikTok. |
SSF-paneelbesprekings
Onderwerp | Beskrywing | Paneellede | Tyd |
---|---|---|---|
M-Net Studios bied aan: Ko-produksiegeleenthede en -strategieë | Ko-produksies het die manier verander waarop televisie gemaak word en lyk na die toekoms van die bedryf. Sluit by hierde gesprek aan om uit te vind hoeveel internasionale belangstelling daar in Suid-Afrikaanse ko-produksies is, waar daar geleenthede is en hoe om jou kreatiewe voorleggings en finansieringsplanne te struktureer. | Nicola van Niekerk (fasiliteerder). Allan Sperling, Harriet Grimshaw, Kaye Anne Williams, Thierry Casuto, Layla Swart, Nomsa Philiso |
13:45-14:45 |
Onderwerp | Beskrywing | Paneellede | Tyd |
---|---|---|---|
Vroue in die filmbedryf | Vrouevervaardigers in die rolprent- en TV-bedryf deel hul ervarings en praat oor hul impak op die bedryf en hoe om geleenthede te benut en uitdagings te omhels. | Kaye Anne Williams (fasiliteerder). Vlokkie Gordon, Thandi Davids, Amy Jephta, Layla Swart |
13:45-14:45 |
Onderwerp | Beskrywing | Paneellede | Tyd |
---|---|---|---|
Verspreiding van plaaslike films gedurende ‘n globale pandemie. Aangebied deur Helen Kuun van Indigenous-filmverspreiding | Die pandemie laat filmmakers met ‘n dilemma: Neem ek die risiko en stel my plaaslike speelfilm of dokumentêr in teaters vry in die wete dat sommige Covid-protokolle en -beperkings nog in plek mag wees wat die gehoor en dus ook die loketinkomste beperk, of wag ek? As ek wel besluit om te versprei, wat kan ek van so ‘n uitreiking verwag? En hoe ondersteun en bemark ek my vrygestelde film as ‘n vervaardiger of filmmaker? | Helen Kuun (fasiliteerder). Tanya Rossouw, Christeen Willemse, Thandeka Tswana |
12:00-13:00 |
Internasionale verteenwoordiging vir draaiboekskrywers en regisseurs. Aangebied deur Wikus du Toit | ‘n Gesprek oor internasionale verteenwoordiging in die TV- en filmbedryf met top-agente uit Suid-Afrika en die Verenigde Koninkryk. Vind uit: Hoe reik ek uit en kry verteenwoordiging? Wat is die slaggate? Waarna soek alteljees en platforms en wat behels verteenwoordiging? Wat is die internasionale tendense in skryfwerk vir TV en film? | Wikus du Toit (fasiliteerder). David Kayser, Anthony Merstriner, Aiofe Lennon-Ritchie |
16:00-17:00 |