Skedule
Sprekers en fasiliteerders

Kisha Imani Cameron het waardevolle ervaring opgedoen as 4th Movement se hoof van inhoud en Ghetto Film School se hoofbedryfsbeampte. As gevolg van die gevestigde verhouding tussen haar produksiemaatskappy Completion Films en Focus Features, kon Kisha die Focus Features Africa First Short Film-projek begin wat ’n nuwe generasie Afrika filmmakers voortgebring het, onder andere, Wanuri Kahiu, Rungano Nyoni, Ekwa Msangi en Julius Onah. Kisha beskik oor ’n deeglike kennis van die filmbedryf. Sy het, onder meer, by New Line Cinema en Walden Media gewerk. Sy was die uitvoerende vervaardiger van beide Spike Lee se Bamboozled en Raoul Peck se Sometimes in April (HBO). Kisha het in 2014 as ’n professionele loopbaanafrigter gekwalifiseer en werk tans as spreker en loopbaanafrigter by Visionary Legacy Project. Sy het reeds meer as ’n 1 000 mense opgelei en het loopbaanontwikkelingswerkswinkels aangebied by die Sundance Institute Chicken & Egg, Refinery 29, Film Independent, Wesgro en Black Public Media.

In Januarie 2016, ná die vertoning van vrouefilmmakers se kortfilms by verskeie filmfeeste, insluitend Cannes, het Audrey Clinet haar eerste filmmaatskappy, Eroïn Productions, gestig. Sy is die eerste Franse vervaardiger en verspreider van films deur vrouefilmmakers. In April 2018 het sy ook Eroïn VSA gestig. Sedert die begin van Eroïn het Adrey 70 kortfilms na 150 lande versprei, twee digitale films vervaardig en opgetree as bestuurder van drie vroueregisseurs. Audrey was ook die regisseur van twee suksesvolle kortfilms en een advertensie. Met Eroïn Films behartig Audrey die filmverkope en feesstrategie van filmmakers met ’n sterk visie wat stories met ’n menslike inslag wil vertel.

Wikus du Toit is ’n toesigvervaardiger by kyKNET vir dié kanaal se films, drama en komedie. Hy was voor dit lank senior lektor in filmmusiek aan AFDA in Johannesburg. Du Toit is ’n bekroonde akteur, skrywer, akademikus en eggenoot (in geen spesifieke volgorde van belangrikheid nie). Hy het ’n meestersgraad in Drama, ’n nagraadse diploma in Tersiêre Onderrig en ’n tweede meestersgraad in Volwasse Opvoedkunde waarin hy spesifiek gefokus het op die bevordering van kritiese denke en kreatiwiteit in film, TV en teater. Hy is uitvoerende vervaardiger van meer as 15 Afrikaanse films, en ’n bekende op die verhoog met menige toekennings asook ’n SAFTA-benoeming vir sy rol in kykNET se trefferkomedie Proesstraat.

Martin Ferreira is direkteur van na-produksie by Fremantle Media, Australië, een van die grootste en mees suksesvolle vervaardigers en verspreiders van draaiboekgedrewe en nie-draaiboekinhoud in die wêreld. Die bestuur van na-produksie en IT-infrakstruktuur binne spesfieke begrotings met skedulevereistes oor alle produksie-areas heen vorm die grondslag van sy strategiese ontwikkelingsrol.

Die skep van wêreldklas-inhoud vereis die voorste tegnologie en fasiliteite, iets wat Martin nog altyd as van fundamentele belang in sy loopbaan geag het. Vanweë sy passie vir alle aspekte van die uitsaaiwese, glo hy in die voordele van ’n werksomgewing met eenvoudige, effektiewe  tegniese werksvloei en dat so ’n omgewing ‘n kreatiewe span in staat stel om hul volle potensiaal te bereik.

Martin het reeds ’n groot verskeidenheid produksies ondersteun met inhoud wat gelewer is aan van die grootste internasionale netwerke, waaronder RTL, BBC, Discovery Networks, NatGeo, ABC, Network TEN, Channel 5 en ZDFE.

Claudette Godfrey is ’n senior filmprogramsamesteller vir die internasionale South by Southwest-fees (SXSW) in Austin, Texas. Sy is verantwoordelik vir die keuring van die kortfilmlys, die speelfilmprogram, filminskrywings asook die bestuur van die feesprogram. Sy was ’n beoordelaar by die Locarno-filmfees, Busan Internasionale-filmfees, AFI Fest, Palm Springs-kortfilmfees, die Short Shorts Film & Asia-filmfees in Tokio en ’n paneellid by TIFF, die Istanbul-filmfees, Cannes en die Independent Film Week.

Toe Dolf direk ná sy geboorte in ’n silwer doek geplaas is, moes die wêreld weet: Dolf is gebore om flieks te maak. Met ’n lys vaardighede en pryse wat enige AFDA-student sal laat regop sit, is Dolf Henning die antwoord op al ons stories. En nou deel hy daardie vaardighede onbaatsugtig in ’n Meesterklas wat jou fliekmaakdrome vlerke sal gee. Aksie, kamera, ligte. Rol ons?

Amy Jephta is ’n draaiboekskrywer en dramaturg van Mitchells Plein, Kaapstad.

Sy het drie speelfilms agter haar naam, insluitend Suid-Afrika se amptelike 2018 Golden Globes-inskrywing, Ellen: Die storie van Ellen Pakkies, wat ook vertoon is by filmfeeste in, onder meer, Rotterdam, Seattle en Toronto.

Haar werk is onder regie van Danny Boyle by die Royal Court opgevoer en was op die planke in London se The Bush Theatre, Theatre 503 en die Jermyn Street Theatre, en in Swede by die Riksteatern. Sy het residensies gehad by die Orchard Project Episodic Lab (New York), die AfroVibes-fees (Amsterdam) en die Edinburgh-fees.

In 2019 het Amy ’n uur lange oorspronklike loodsepisode vir die drama The Park ontwikkel as deel van Ron Howard en Brian Grazer se Imagine Impact-program. Ander onlangse werk sluit in die aksie-spanningsreeks Trackers, vir M-Net en Cinemax/HBO, en die loodsepisode van Catch Me a Killer, ’n aksie-dramareeks vir eOn/Fired Up Films.

Amy het die Mail & Guardian se lys van 200 Top Young South Africans gehaal, is die 2017-wenner van die Eugène Marais-prys vir letterkunde, en die 2019-ontvanger van die Standard Bank Jong Kunstenaar-toekenning in die drama-kategorie. Sy was die 2020-wenner van die Baumi-prys vir draaiboekontwikkeling (aangebied deur Pandora Film en die Film- und Medienstiftung NRW, Duitsland).

Sy fokus tans op die vervaardiging van film en televisie via haar onderneming, Nagvlug Films, en sy is besig met die na-produksie van haar debuut as speelfilmregisseur, Barakat, wat geskeduleer is vir uitreiking in 2021.

Lisa Mini is ’n film- en mediabedryfskenner met meer as 16 jaar ervaring in die Suid-Afrikaanse filmbedryf. Sy het begin werk by Wesgro in 2015 as film- en mediapublisiteitskoördineerder. Haar ervaring sluit in produksiebestuur van die eerste Suid-Afrikaanse animasieprent, Zambezia, asook van verskeie ander gerekende film- en televisieproduksies en filmfeeste. Sy het die Kaapstadse kampus van die Big Fish School of Digital Filmmaking gevestig en is ’n gekwalifiseerde Afrika-filmkommissaris.

Vanaf 2001 was Nashen Moodley die hoofkoördineerder-organiseerder van die Durban Internasionale Filmfees. In Januarie 2012 word hy die direkteur van die Sydney-filmfees. Gedurende sy agt jaar as direkteur het die fees geweldig uitgebrei en in 2019, die fees se 66ste bestaansjaar, styg die feesgangergetalle tot meer as 188 000. As ’n hoog aangeskrewe internasionale filmkoördineerder, het Nashen gewerk as konsultant vir die Rotterdam-filmfees en as ’n filmdeskundige by die Berlinale Talent-kampus. Van 2005 tot 2017 was hy direkteur van beide die Asië- en Afrika-programme asook die Cinema of the World-komponent van die Dubai-filmfees. Hy het as paneellid gedien by verskeie internasionale filmfeeste, onder meer, San Sebastian, Busan, Toronto, Rotterdam, El Gouna, Durban and Tokio.

Bent-Jorgen Perlmutt is ’n filmmaker uit Brooklyn, New York. Hy is die regisseur van die Emmy-benoemde dokumentêr Massacre at the Stadium (2019), ’n Netflix Original-film oor die legendariese musikant Víctor Jara wat gedurende die 1973-staatsgreep in Chile vermoor is. Hy is ook bekend vir Havana Motor Club (2016), ’n dokumentêr wat die wêreld van Kuba se ondergrondse sleepwedrenne verken, en Diana Vreeland: The Eye Has to Travel (2011) oor dié beroemde mode-ikoon. Hy is die regisseur en vervaardiger van Lumo (2007), ’n dokumentêr oor die herstelproses van ’n jong verkragtingslagoffer in die ooste van die Kongo wat ’n Student Academy-toekenning gewen het.

Perlmutt se kommersiële werk sluit regie en redigeerwerk in vir meer as 30 advertensies vir
Estée Lauder, Gucci, Bvlgari, Rag&Bone, Samsung, H&M, Vogue, Chloe, Tods, Jimmy Choo, Kohl’s, Carrera, San Pellegrino, Loréal, Guess en Interview Magazine. Hy is ’n lid van die Regisseursgilde van Amerika, die Nasionale Resensieraad van Amerika, een van Filmmaker Magazine se “25 nuwe gesigte van indie-films” en ’n ontvanger van twee Sundance-instituut / Sloan-stigting-toekennings vir twee verskillende projekte. Hy is tans ’n professor by Princeton Universiteit en het gedoseer by Columbia Universiteit, William Paterson Universiteit en dwarsoor Afrika vir verskeie organisasies, waaronder Mira Nair se Maisha Filmlab en Peter Gabriel se Witness.

Die gebore Brasiliaan Elias Ribeiro werk op internasionale gebied sedert 1999. Hy woon die afgelope tien jaar in Suid-Afrika en in 2011 het hy die filmproduksiemaatskappy Urucu stig wat toegespits is op die verfilming van oorspronklike inhoud wat stof tot nadenke bied. Urucu het internasionale erkenning verwerf met toekennings by die Sundance-, Locarno-, Durban-, Rio- en Beijing-filmfees. Urucu verkoop wêreldwyd aan filmteaterverspreiders, uitsaaiers soos SABC, Arte, ZDF en M-Net asook video-op-aanvraagplatforms. In 2015 was Ribeiro een van die stigters van die Realness African Screenwriters Residency, ’n inkubator wat 30 oudiovisuele projekte in meer as 16 Afrika-lande ontwikkel het. Hy is ’n beoordelaarspaneellid vir die Hubert Bals Fonds en tree op as mentor vir opkomende vervaardigers. Sy mees suksesvolle film Inxeba [Die Wond] was op die kortlys vir ’n Oscar nadat dit ses SAFTAS gewen en 28 internasionale toekennings ontvang het. Hy is ’n spreker by vele vermaakliheidsgeleenthede en het ook in 2018 die Kaapstadse Internasionale Filmfees gelei. Hy dien as adviseurende kommiteelid by  screenworlds.org en die Ladima-stigting en konsulteer by verskeie Afrika-filminstansies.

Monica Rorvik is hoof van film- en mediapromosie by Wesgro. Sy het voorheen gewerk as assistant-bestuurder by die Durban Internasionale Filmfees en onder haar leiding is die bedryfsprogram van dié fees saamgestel. Daar het sy haar passie vir ontluikende talent in Afrika ontwikkel en het sy ’n invloedryke rol by die stigting van Talents Durban in vennootskap met die Berlinale Talent-program gespeel. Sy was ook ’n filmprogramsamesteller en het gereeld op internasionale beoordelaarspanele en seleksiepanele vir internasionale feeste en markte gedien. Sy is ’n gesertifiseerde Afrika-filmkommissaris.

Roelof Storm is ’n Suid-Afrikaanse vervaardiger met meer as tien films en TV-reekse agter sy naam. Sy speelfilmdebuut, Kanarie, onder regie van Christiaan Olwagen, is by die Annual GLAAD Media-toekennings in die kategorie Uitstaande speelfilm benoem en het verskeie toekennings by feeste dwarsoor die wêreld gewen met vertonings in meer as 20 stede, insluitend New York, Los Angeles, Toronto, Chicago, Atlanta, Hong Kong en Sydney. Sy tweede rolprent, Die seemeeu, ook onder regie van Olwagen, se première was by die prestigeryke Moscow International-filmfees in Rusland. Roelof is ’n medestigter van Marche Media,’n eg Suid-Afrikaanse mediagroep wat in Kaapstad gebaseer is. Marche Media lewer gehalte-inhoud aan plaaslike en internasionale gehore.

Tebogo Malebogo is ‘n regisseur, skrywer en filmvervaardiger wat in Brittanje gebore is, maar tans in Suid-Afrika woon en werk. Sy kortfilmdebuut, Mthunzi, het in 2019 by die Locarno- en New York-filmfees gepremière. Mthunzi het die Special Jury-toekenning by die AFI Fest gewen en die Bronze Tanit by die Carthage-filmfees. Dié kortfilm is by meer as 30 internasionale filmfeeste vertoon, onder meer by die SXSW-, Palm Springs-, International ShortFest- en Chicago-filmfees voor dit ‘n aanlyn première op Le Cinéma Club gehad het. Sy tweede kortfilm, Heaven Reaches Down to Earth, word eersdaags uitgereik.

Steven Markovitz is ’n bekroonde vervaardiger en verspreider van rolprente en dokumêntere. Hy het films in meer as 20 Afrikalande saam met meer as 120 regisseurs vervaardig. Sy films is wêreldwyd verkoop en het gewys by toonaangewende internasionale filmfeeste soos Cannes, Sundance, Berlyn, Venisië en Toronto. Hy het verskeie gesogte toekennings ontvang, waaronder die Toronto Festival Audience-toekenning vir Beats of the Antonov, die Teddy Jury-toekenning vir Stories of Our Lives, ’n Oscar-benoeming vir Inja en ’n GLAAD Outstanding Film-toekenning vir Rafiki. Hy is tans besig met na-produksie vir films wat afspeel in Libië, Ghana, DRK, Tanzanië en Suid-Afrika.

Hy is ’n stigter en paneellid van die IPO, medestigter van die Encounters South African International Documentary-fees en medestigter van Electric South. Hy is ook ’n lid van die Academy of Motion Pictures, Arts and Sciences-keurpaneel.

Na John Trengrove se debuutfilm, Inxeba [Die Wond], se rolprentvrystelling by die Sundance- en Berlyn-filmfees in 2017, het dié film reeds 28 internasionale toegekennings ontvang. Dit was tydelik verbied in Suid-Afrika, maar niks kon dié film stuit nie. Dit het sowel die Sutherland-trofee by die London-filmfees asook die Grand Jury-toekenning by Outfest ingepalm. Dié omstrede queer-speelfilm het in 2018 die kortlys van die Oscar-toekenning vir Beste buitelandse rolprent gehaal. John het studeer aan die Universiteit van Kaapstad asook NYU Tisch School of the Arts. Sy produksies sluit in teater, TV-dramas, kortfilms en advertensies. Hy het reeds twee SAFTA-toekennings vir Beste regisseur ontvang en ’n eretoekenning van die Suid Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir sy werk in televisie. Hy en sy man, Marco Dutra, ook ’n filmmaker, pendel tussen Johannesburg en São Paulo.

Nicola van Niekerk is die senior bestuurder van teksgedrewe produksies by kykNET-kanale. Sy het ’n BA (Honneurs) in Film- en Televisieteorie, en ’n MBA van die Wits Sakeskool. Nicola het ondervinding in ’n verskeidenheid genres, insluitend TV-dramas, daaglikse dramas, leefstyl- en dokumentêre programme vir kanale soos SABC, M-Net, Arte en Animal Planet.

Sy het in 2012 by die kykNET-span aangesluit as toesigvervaardiger. Nicola is tans verantwoordelik vir die teksgedrewe inhoud van die kykNET-kanale, maar sy werk ook aan dokumentêre, ko-produsies van mini-reekse, en Afrikaans films.

Lauren het 19 jaar gelede as ’n “runner” in die filmbedryf begin werk. Nadat sy ’n paar jaar lank gevryskut het, het sy die geleentheid gekry om aan die na-produksie van Suid-Afrika se eerste Oscar-wenner, Tsotsi (2005), te werk. Sy het nooit teruggekyk nie en van 2004 tot 2015 was sy ’n na-produksievervaardiger vir The Refinery in Johannesburg. Sedert Junie 2016 is sy die bestuurder van The Refinery se Kaapstadse kantoor.

Lauren het in haar loopbaan al die na-produksie van meer as 60 titels bestuur. Sy is ’n sterk tegniese vervaardiger met groot kundigheid oor verskillende kameras, werkvloei en die lewering van inhoud vir verskeie platforms. Haar uitgebreide ervaring van werk met vennote in die VK, VSA en Europa het haar waardevolle insae in die internasionale filmbedryf gegee.

Nadat hy ‘n graad verwerf het aan die Universiteit van Kaapstad, wou Petrus van Staden graag stories vertel met die hoop om van hierdie wêreld ’n beter plek te maak. Sy debuutkortfilm, Mthunzi (2019), is tydens ’n filmkompetisie by die 72ste Locarno-filmfees vertoon en is sedertdien reeds vir meer as 30 internasionale filmfeeste gekies.

Hy is pas klaar met die na-produksie van sy jongste kortfilm, Heaven Reaches Down to Earth, wat eersdaags uitgereik word. Hy werk tans aan die vervaardiging van nog ’n kortfilm en sy eerste vollengterolprent.

Dorothee Wenner is gebore in 1961 en woon en werk sedert 1988 as vryskutfilmmaker, skrywer en filmfeeskurator in Berlyn. Sy is vanaf 1990 ’n keurder vir die Berlinale en is tans dié internasionale filmfees se afgevaardigde vir films uit Sub-Sahara-Afrika en Suid-Asië. Sy was van die begin van die in Lagos-gesetelde African Movie Academy (AMAA)-toekennings in 2005 ‘n lid van die beoordelaarspaneel. Sy is ook die koördineerder-organiseerder van die Dubai-filmfees. Tans is sy ’n filmkonsultant by die Humboldt Forum in Berlyn.

Haar werk as filmmaker sluit in Hollywood Killed Me (1988), Star Biz (2005), Shanti Plus (2006), Peace Mission (2008), Drama.Consult (2012), Family Affairs/Living Archive (2012/13) en Kinshasa Collection (2017).

Kaye Ann Williams het ’n BA-graad met ’n fokus op Film- en Mediastudie aan die Universiteit van Kaapstad verwerf. Kaye het in 2008 by Penguin Films begin werk – aanvanklik as vryskutskrywer, maar later was sy hul hoof van ontwikkeling. Sy was die medevervaardiger van verskeie televisiereekse, insluitend Shreds and Dreams II, Saints and Sinners, Traffic, Zibondiwe, Stokvel en You Deserve It. Sy was die mededraaiboekskrywer en vervaardiger van die SAFTA-wenner Ingoma, ’n TV-fliek vir die Mzansi Magic-kanaal. Kaye was ook die mededraaiboekskrywer van die bekroonde speelfilm Krotoa, wat in 2017 uitgereik is.

Kaye het in 2015 by kykNET aangesluit, waar sy as toesigvervaardiger gewerk het aan, onder meer, die SAFTA-benoemde daaglikse drama Suidooster. Daarna het sy M-Net se senior bestuurder van opdragwerk geword. Haar portefeulje sluit in speelfilms, werklikheids-TV en ander plaaslik geskryfde inhoud. In 2019 het sy Trackers, ’n groot ko-produksie met HBO Cinemax en ZDFE, saam met die M-Net-span bekend gestel. Kaye was die uitvoerende vervaardiger en toesigvervaardiger van verskeie plaaslike films. Sy is ’n deskundige op die gebied van inhouds- en storie-ontwikkeling.

Rowan Woods is ’n onafhanklike redaksionele konsultant, programsamesteller en moderator met meer as ’n dekade se ervaring in die VK se filmbedryf. Sy werk vir die British Film Council, waar sy al die grootste internasionale filmfeeste adviseer oor projekte in die VK. Sy is ook ’n programsamesteller vir die Londen-filmfees. Rowan het werkservaring in die joernalistiek, kuratorskap, filmverspreiding en -ontwikkeling.

Riglyn aflaai
Skrywersgids