Meesterklasse

Dit word al hoe gewilder om ’n rolprent of TV-reeks op ’n roman, biografie, memoire of videospeletjie te baseer. Hierdie meesterklas bied ’n geleentheid om regte en intellektuele eiendom (IP) te bespreek en ook hoe om bronmateriaal te kies en watter soort boeke en stories sigself tot goeie verwerkings leen. Deelnemers sal kyk na die behoeftes en eise van skerm versus bladsy, asook algemene probleme in die verwerkingsproses.

Karen Jeynes

Woensdag, 28 Augustus, 14:00

Die spesialis Martin Neethling bied ’n praktiese, interaktiewe meesterklas aan wat die vermoëns en aanwendingsmoontlikhede van hoogs gevorderde tegniese toerusting demonstreer. Aspirant-regisseurs, -kinematograwe, -beligtingstegnici, -fokusoperateurs, -redigeerders en alle ander filmmakers wat daarin belangstel om die filmiese ervaring vir hul kykers te optimaliseer, sal hierdie aanbieding insiggewend, boeiend en verhelderend vind.

Martin Neethling

Donderdag, 29 Augustus, 14:00

Deelnemers verken die redes agter die onlangse ongekende sukses van plaaslike realiteitsformate soos Die brug en Op my eish!. Die prestasie van laasgenoemde het alle verwagtinge oortref. Maar hoe goed het hierdie programme regtig gevaar? En waarom het juis hierdie reekse soveel aanklank by kykNET-kykers gevind? Dié meesterklas sal insigte gee in die kanaal se werkswyse en kriteria wanneer nuwe formaatprogramme vir vervaardiging oorweeg word. Deelnemers sal ook sien hoe om ’n voorlegging voor te berei waarmee jy dalk volgende keer jou voet in die deur kan kry.

Frederick Louw, Marguerite Albrecht

Vrydag, 30 Augustus, 14:00

Paneelbesprekings

‘n Bespreking oor strategie vir Afrikaanse inhoud vir lineêre televisie op kykNET, met bykomende insette van die stroomdiens Showmax.

Marguerite Albrecht (aanbieder)
Nicola van NiekerkWaldimar Pelser, Janine Cornelius, Wikus du Toit en Terja Beney

Woensdag, 28 Augustus, 14:00

‘n Belangrike gesprek oor die skep van veiligheid en egtheid rondom intimiteit op stel en op skerm.

Lizette Khan (aanbieder)
Burgert Müller, Johan Cronje, Clayton Evertson, Mienke Ehlers en Sara Blacher

Donderdag, 29 Augustus, 14:00

‘n Waardevolle bespreking oor die vestiging en uitbou van ‘n produksiemaatskappy wat die storms van onstuimige tye kan deurstaan.

Scharl van der Merwe (aanbieder)
Roberta Durrant en Bradley Joshua

Vrydag, 30 Augustus, 14:00

Werkswinkels

Bemarkings- en publisiteitsdeskundiges deel wenke met filmmakers oor hoe om die meeste myle uit hul werk te kry.

Abraham van Zyl (aanbieder)
Suzaan Keyter, Leo Smit, Nadine Moonsamy, Herschelle Benjamin en Kevin Kriedermann

Woensdag, 28 Augustus, 15:00

Twee kortfilms wat vanjaar by die fees première, is in die virtuele produksie-ateljee THE VOLUME geskiet. Regisseurs en spesialiste deel die waardevolle insigte wat hulle deur hierdie ervaring opgedoen het.

Quentin Krog (aanbieder)
Chris GardnerCharl Marais, Hanneke Schutte, Liza Ludick, Garon Campbell, Gareth Norman

Donderdag, 29 Augustus, 12:00

Ko-produksies: haalbaarheid, finansiering en buitelandse sake.

Wikus du Toit (aanbieder)
Nicola van Niekerk, Yuliya Fischer, Nimrod Geva

Vrydag, 30 Augustus, 12:00

Meesterklasse

VERWERKING TOT DRAAIBOEK Dit word al hoe gewilder om ’n rolprent of TV-reeks op ’n roman, biografie, memoire of videospeletjie te baseer. Hierdie meesterklas bied ’n geleentheid om regte en intellektuele eiendom (IP) te bespreek en ook hoe om bronmateriaal te kies en watter soort boeke en stories sigself tot goeie verwerkings leen. Deelnemers sal kyk na die behoeftes en eise van skerm versus bladsy, asook algemene probleme in die verwerkingsproses. ’n Paar voorbeelde van suksesvolle verwerkings sal onder die loep geneem word om uit te vind wat dit laat werk het. Karen Jeynes Woensdag, 28 Augustus, 14:00
RUS JOU TOE met Media Film Service Die spesialis Martin Neethling bied ’n praktiese, interaktiewe meesterklas aan wat die vermoëns en aanwendingsmoontlikhede van hoogs gevorderde tegniese toerusting demonstreer. Aspirant-regisseurs, -kinematograwe, -beligtingstegnici, -fokusoperateurs, -redigeerders en alle ander filmmakers wat daarin belangstel om die filmiese ervaring vir hul kykers te optimaliseer, sal hierdie aanbieding insiggewend, boeiend en verhelderend vind.  Martin Neethling Donderdag, 29 Augustus, 14:00
FORMATE Deelnemers verken die redes agter die onlangse ongekende sukses van plaaslike realiteitsformate soos Die brug en Op my eish!. Die prestasie van laasgenoemde het alle verwagtinge oortref. Maar hoe goed het hierdie programme regtig gevaar? En waarom het juis hierdie reekse soveel aanklank by kykNET-kykers gevind? Dié meesterklas sal insigte gee in die kanaal se werkswyse en kriteria wanneer nuwe formaatprogramme vir vervaardiging oorweeg word. Deelnemers sal ook sien hoe om ’n voorlegging voor te berei waarmee jy dalk volgende keer jou voet in die deur kan kry. Frederick Louw, Marguerite Albrecht Vrydag, 30 Augustus, 14:00

Paneelbesprekings

Afrikaanse inhoud: Strategie vir lineêre TV en stroomdienste ‘n Bespreking oor strategie vir Afrikaanse inhoud vir lineêre televisie op kykNET, met bykomende insette van die stroomdiens Showmax. Marguerite Albrecht (aanbieder)
Nicola van NiekerkWaldimar Pelser, Janine Cornelius, Wikus du Toit en Terja Beney
Woensdag, 28 Augustus, 14:00
Kom ons praat oor intimiteit – veiligheid op stel en skerm ‘n Belangrike gesprek oor die skep van veiligheid en egtheid rondom intimiteit op stel en op skerm. Lizette Khan (aanbieder)
Burgert Müller, Johan Cronje, Clayton Evertson, Mienke Ehlers en Sara Blacher
Donderdag, 29 Augustus, 14:00
Produksiemaatskappye wat oorleef en gedy ‘n Waardevolle bespreking oor die vestiging en uitbou van ‘n produksiemaatskappy wat die storms van onstuimige tye kan deurstaan. Scharl van der Merwe (aanbieder)
Roberta Durrant en Bradley Joshua
Vrydag, 30 Augustus, 14:00

Werkswinkels

Sinergie tussen inhoud, bemarking en publisiteit Bemarkings- en publisiteitsdeskundiges deel wenke met filmmakers oor hoe om die meeste myle uit hul werk te kry. Abraham van Zyl (aanbieder)
Suzaan Keyter, Leo Smit, Nadine Moonsamy, Herschelle Benjamin en Kevin Kriedermann
Woensdag, 28 Augustus, 15:00
Virtuele produksie-ateljee THE LED VOLUME: Lesse en geleenthede Twee kortfilms wat vanjaar by die fees première, is in die virtuele produksie-ateljee THE VOLUME geskiet. Regisseurs en spesialiste deel die waardevolle insigte wat hulle deur hierdie ervaring opgedoen het. Quentin Krog (aanbieder)
Chris GardnerCharl Marais, Hanneke Schutte, Liza Ludick, Garon Campbell, Gareth Norman
Donderdag, 29 Augustus, 12:00
Alles omtrent ko-produksies Ko-produksies: haalbaarheid, finansiering en buitelandse sake Wikus du Toit (aanbieder)
Nicola van Niekerk, Yuliya Fischer, Nimrod Geva
Vrydag, 30 Augustus, 12:00

Sprekers