Die Silwerskermtoekennings vir Film en TV – Twee glansgeleenthede om na uit te sien!

Die gesogte kykNET Silwerskermtoekennings vir Film en TV, wat verskeie genres en formate insluit, weerspieël die uitsonderlike talent en kreatiwiteit van die Afrikaanse vermaaklikheidslandskap. Die toekennings, wat die beste films, filmmakers en toneelspeltalent van die fees saam met top-televisieprestasies vereer, vind op Saterdag 31 Augustus plaas.

As gevolg van die wye verskeidenheid kategorieë waarin prestasies erkenning kry, is daar twee toekenningsgeleenthede – een in die oggend by The Bay Hotel, en een in die aand by die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (Kiks). Die glansryke aandseremonie word opgeneem en sal Sondagaand 1 September om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai word.

By die seremonie in The Bay Hotel, Saterdagoggend, word toekennings in die volgende kategorieë oorhandig:

 

Speelfilm: Beste klankontwerp

Speelfilm: Beste oorspronklike klankbaan

Speelfilm: Beste grimering en haarstilering

Speelfilm: Beste kostuums

Speelfilm: Beste draaiboek

Speelfilm: Beste redigering

Speelfilm: Beste kinematografie

Speelfilm: Beste regie

Kort dokumentêr: Beste redigering

Kort dokumentêr: Beste regie

Kort dokumentêr: Beste dokumentêr

Kortfilm (Opkomend): Beste draaiboek

Kortfilm (Opkomend): Beste regie

Kortfilm (Opkomend): Beste kortfilm

Beste redigering in ’n kortfilm

Beste kinematografie in ’n kortfilm

Beste aktrise in ’n kortfilm

Beste akteur in ’n kortfilm

Beste Shotgun-kortfilm

Feesgunsteling

 

By die seremonie in Kiks, Saterdagaand, word toekennings in die volgende kategorieë oorhandig:

Beste byspeler in ’n komedie

Beste akteur in ’n komedie

Beste aktrise in ’n komedie

Beste aanbieder in ’n vermaaklikheidsprogram

Beste aanbieder in ’n aktuele program

Beste aanbieder in ’n joernaalprogram

Beste aanbieder in ’n leefstylprogram

Beste aanbieder in ’n realiteitsprogram

Beste ensemble-aanbiederspan

Beste aanbieder in ’n dokumentêre realiteitsprogram

Beste aanbieder in ’n geselsprogram

Beste akteur in ’n drama

Beste aktrise in ’n drama

Beste akteur in ’n telenovela of sepie

Beste nuweling in ’n telenovela of sepie

Beste aktrise in ’n telenovela of sepie

Beste byspeler in ’n telenovela of sepie

Beste manlike byspeler in ’n drama

Beste vroulike byspeler in ’n drama

Beste vroulike byspeler in ‘n speelfilm

Beste manlike byspeler in ‘n speelfilm

Beste akteur in ’n speelfilm

Beste aktrise in ’n speelfilm

Beste speelfilm

Persoonlikheid van die jaar

Kaartjies na die aandgeleentheid is ook aan die publiek beskikbaar via Quicket. Klik hier om kaartjies te koop.