
Inskrywings oop vir onafhanklike speelfilms
Die kykNET Silwerskermfees warm reeds op vir die 14de fees in Kampsbaai gedurende Augustus vanjaar. Die fees nooi onafhanklike filmmakers uit om hul speelfilms voor te lê vir oorweging om binne kompetisie vertoon te word as deel van die amptelike, gekeurde program.
Kriteria vir oorweging:
- Dit moet ’n Suid-Afrikaanse première vir die speelfilm wees. (Die fliek kon teen Augustus elders in die wêreld reeds première het.)
- Die dialoog moet oorwegend (75%) Afrikaans wees.
- Die film moet tussen 80 en 120 minute lank wees.
- Slegs voltooide rolprente word oorweeg en ’n skakel met wagwoord waar die film beskikbaar is, moet voorsien word.
- Sperdatum vir finale inhandiging is Woensdag 8 April 2026.
Alle films sal deur die inhoudshoofde van MultiChoice asook die Silwerskermfees-programbestuurder oorweeg en gekeur word. Finale uitslae sal teen 30 April 2026 bekend gemaak word.
Skryf hier in.