
Benoemings vir vanjaar se Silwerskermtoekennings vir Film en TV bekend
Hulle gee lewe aan uiteenlopende stories wat kykers laat lag en ontroer, gee raad oor alles en nog wat, sleur jou mee en hou ons op hoogte van aktuele en nuussake. Maak nie saak in watter hoedanigheid nie, hierdie wye verskeidenheid kunstenaars en aanbieders op die kassie word soos familie in talle huise.
Die aap is nou uit die mou met die bekendmaking van die televisie-benoemings in 16 kategorieë vir die Silwerskermtoekennings vir Film en Televisie, wat vanjaar ’n nuwe kategorie vir beste aanbieder in ’n dokumentêre program insluit.
Die wenners word op Saterdag 22 Augustus by die glansryke afsluiting van die Silwerskermfees in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum aangekondig. Die wenners van die beste speelfilm en beste filmakteurs wat by die fees gedebuteer het, word ook by dié geleentheid aangekondig.
“Vanjaar se benoemdes verteenwoordig die kreatiewe uitnemendheid waarop ons bedryf gebou is. Ons bring hulde aan hul talent, toewyding en voortdurende strewe na gehalte. Deur hul werk help hulle om Suid-Afrikaanse stories nie net te vertel nie maar om dit betekenis te gee in ons kykers se lewe,” sê Waldimar Pelser, direkteur vir Premium-kanale by MultiChoice, ’n Canal+-maatskappy.
Die toekenningsgeleentheid word Sondag 23 Augustus om 19:00 op kykNET uitgesaai. Die name van die aanbieders en spesiale kunstenaars wat gaan optree, sal later bekend gemaak word.
Die TV-benoemings vir die 2026 Silwerskermtoekennings vir Film en Televisie is:
Beste hoofspeler in ’n komedie
Albert Pretorius (Flip) – Kantoor (S1)
Desiré Gardner (Magda Louw) – Magda Louw (S3)
Hannes van Wyk (Erhard) – Magda Louw (S3)
Beste byspeler in ’n komedie
Daniah de Villiers (Emma) – Kantoor (S1)
Gert du Plessis (Joubert) – Kantoor (S1)
Ilse Oppelt (Joanne) – Kantoor (S1)
Schalk Bezuidenhout (Tjaart) – Kantoor (S1)
Shimmy Isaacs (Lynette) – Magda Louw (S3)
Beste byspeler in ’n telenovela of sepie
Arno Greeff (Tristan) – Suidooster
Denver Vraagom (ds. Wayne) – Skemergrond
Gretchen Ramsden (Patty Paulsen) – Skemergrond
Gustav Gerdener (Johan) – Binnelanders
Kay Smith (Shandy/Laylla) – Suidooster
Mila Guy (Liné) – Suidooster
Beste nuweling in ’n telenovela of sepie
Ayden October (Junior Louw) – Skemergrond
Cole Wessels (Tino) – Suidooster
Izette Blignaut (Petro) – Binnelanders
Judi Hattingh (Jenna) – Suidooster
Xander Venter (Marco Viljoen) – Diepe waters
Beste akteur in ’n telenovela of sepie
Charlton George (JP Louw) – Skemergrond
Dann-Jaques Mouton (Ruan Smit) – Skemergrond
Dean Smith (Wade Daniels) – Suidooster
Germandt Geldenhuys (Louis) – Binnelanders
Irvine van der Merwe (Nazeem Jacobs) – Suidooster
Justin Strydom (Gys Swarts) – Diepe waters
Beste aktrise in ’n telenovela of sepie
Devonecia Swartz (Christine van As) – Skemergrond
Jawaahier Petersen (Kaashifa Mansour) – Suidooster
Je-ani Swiegelaar (Naomi) – Binnelanders
Marlee van der Merwe (Ella) – Binnelanders
Sandi Schultz (Zelda Joubert) – Diepe waters
Shimmy Isaacs (Erika Pienaar) – Skemergrond
Beste akteur in ’n drama
Albert Pretorius (Gustaff Fouché) – Niggies (S1)
Beer Adriaanse (André Fourie) – Niggies (S1)
Brendon Daniels (Johan Diederiks) – Die nuusmakers
Carel Nel (At van Wyk) – Niggies (S1)
Jacques Bessenger (Ruan van Wyk) – Een keer om die son (S2)
Neels Clasen (Willem de Villiers) – Spoorloos: Losprys (S5)
Beste aktrise in ’n drama
Diaan Lawrenson (Lisa) – Appels en tee (S1)
Erica Wessels (Ousus Nel) – Niggies (S1)
Lorcia Cooper-Khumalo (Rozlynne Joshua) – Breekpunt (S1)
Rolanda Marais (Adri Joubert) – Die nuusmakers
Tinarie van Wyk Loots (Henriette) – Appels en tee (S1)
Beste manlike byspeler in ’n drama
Danny Ross (Brad Samson) – Breekpunt (S1)
Heinrich Wentzel (Elijah Smith) – Een keer om die son (S2)
Ian Roberts (Jakkals) – Appels en tee (S1)
Jacques Bessenger (Dries Fourie) – Niggies (S1)
Janru Steenkamp (die jong André Fourie) – Niggies (S1)
Neels Clasen (Henning Nel) – Niggies (S1)
Beste vroulike byspeler in ’n drama
Bianca Langedyk (Annie) – Appels en tee (S1)
Cintaine Schutte (Henda Nel) – Niggies (S1)
Daneel van der Walt (Francia Theron) – Niggies (S1)
Jana Kruger (Santjie Schoeman) – Niggies (S1)
Kim Cloete (Mandy Baker) – Breekpunt (S1)
Roeline Daneel (Maks Fouché) – Niggies (S1)
Beste aanbieder in ’n leefstylprogram
Marco Botha – Santam Megaboere (S7)
Natie Ferreira – Fanaties (S1)
Leah – Lottoland Help ’n dorp (S4)
Lundi Khoisan – Fiësta (S27)
Hannes van Wyk – Kwêla (S27)
Johan en Zanelle Dorfling – Bou of breek (S1)
Jan Scannell – Jan Braai vir Erfenis (S15)
Joalette de Villiers – Op pad met my potjie (S2)
Beste aanbieder in ’n vermaaklikheidsprogram
Rian van Heerden – Wie word ’n miljoenêr (S5)
Elwira Standili – Koortjies met Elwira Standili (S6)
Aden Thomas – Sê jou sê (S5)
Brendan Peyper en Bobby van Jaarsveld – Ander dam se eende (S1)
Beste aanbieder in ’n realiteitsprogram
Herman Lensing en Yolani Abrahams – Kokkedoor: Son & see
Reandi Grey – Boer soek ’n vrou (S17)
Ruan Smith en JP Smith – Op my eish!
Cameron Saaiman – Moer ’n boer
Beste aanbieder in ’n gesels- of aktualiteitsprogram
Hannes van Wyk – Hannes aan huis (S12)
Lee-Ann van Rooi – Waar daar ’n wil is (S2)
Lourensa Eckard – In Gesprek (S10)
Rian van Heerden – Laataand by Rian (S4)
Wicus Pretorius – Wie’s Nuus? (S6)
Lyntjie Jaars en Pietman Geldenhuys – Oppiestoep (S10)
Beste aanbieder in ’n dokumentêre program
Govan Whittles – Govan ontbloot
Frank Opperman en Frankie Opperman – Frank
Dr. Rudi van Vuuren en Marlice van Vuuren – Groen Namibië
Rian van Heerden – Schuster
Rian van Heerden – Brakpan Chronicles
Beste ensemble-aanbiederspan
Hamilton Wessels, Rika Calitz, Breyton Paulse, Bakkies Botha, Jonathan Mokuena, Jannie du Plessis, Rikus de Beer, Tommy Dickson (Chef Vaatjie), Jean de Villiers – Toks en Tjops
Dawie Roodt, Leon Gropp, Corli Prinsloo, Charlene Lackay – Ontbytsake
Pierre Breytenbach, Jennifer Myburgh, Su-an Müller-Marais – Die Groot Ontbyt
Die legendes vir lewensbydraes in die televisiebedryf word einde Julie aangekondig.
Die wenners van die kykNET Silwerskermfees se ander kategorieë sal ook op Saterdag 22 Augustus tydens ’n oggend-toekenningsgeleentheid by The Bay-hotel aangekondig word.
Kaartjies vir die Silwerskermfees is by Quicket beskikbaar.
Die kykNET Silwerskermfees word deur Stad Kaapstad, Vuma, die Dagbreek Trust, Village ’n Life en die Nasionale Rolprent- en Videostigting (NFVF) geborg.