
kykNET Silwerskermtoekennings: Benoemdes in die filmkategorieë bekend gemaak
Die viering van die Afrikaanse filmbedryf die afgelope paar dae met die vertoning van kortfilms, dokumentêre en speelfilms by die kykNET Silwerskermfees in Kampsbaai bereik Saterdag 22 Augustus ’n hoogtepunt wanneer die Silwerskermtoekenningwenners in verskeie kategorieë aangewys word.
Onder die tien kortfilms is dit Twee persent met sy ouwêreldse sjarme, die intieme drama Genoeg en Wag ’n bietjie met ’n goeie skeut donker humor wat voorloop met onderskeidelik ses, vyf en vier benoemings. Onder die vyf kort dokumentêre prente neem Die grond onthou en Pappa Kitsch die voortou met drie benoemings elk.
Met net drie speelfilms wat in die kompetisie meegeding het, is daar in die meeste kategorieë nie benoemings bekend gemaak nie. Slegs wenners sal in die volgende kategorieë aangewys word: beste klankontwerp, beste oorspronklike klankbaan, beste grimering en haarstilering, beste kostuums, beste produksieontwerp, beste redigering, beste draaiboek, beste kinematografie en beste regie.
Daar is egter benoemings in die kategorieë vir beste akteur en aktrise, asook beste vroulike byspeler. Die kategorie vir beste manlike byspeler val vanjaar weg.
Die meerderheid van die pryse in die filmkategorieë word Saterdagoggend by ’n geleentheid in The Bay Hotel in Kampsbaai oorhandig, maar die wenners van die Silwerskermtoekennings vir beste rolprent, beste aktrise en akteur, asook beste vroulike byspeler sal Saterdagaand saam met die wenners van die TV-kategorieë by ’n glansryke gala-geleentheid in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum (Kiks) aangekondig word.
Die benoemings in alfabetiese volgorde volgens voorname is:
KORTFILMS
Beste draaiboek in ’n kortfilm
(slegs opkomende filmmakers kom in aanmerking)
Frances Sholto-Douglas – Change
Michelle le Roux – Twee persent
Peter-John Titus – Verwerking
Roberto Kyle – Genoeg
Beste regie in ’n kortfilm
(slegs opkomende filmmakers kom in aanmerking)
Hennie van Deventer – Short Back & Sides
Michelle le Roux en Heinrich Laubscher – Twee persent
Roberto Kyle – Genoeg
Beste kortfilm deur ’n opkomende filmmaker
Genoeg
Twee persent
Verwerking
Beste kortfilm deur ’n gevestigde filmmaker
’n Poppy op die heuwel
Wag ’n bietjie
Beste akteur in ’n kortfilm
(alle akteurs kom in aanmerking)
Albert Pretorius – Twee persent
Ayden Croy – Genoeg
Danny Ross – Wag ’n bietjie
Zane Meas – Genoeg
Beste aktrise in ’n kortfilm
(alle aktrises kom in aanmerking)
Anoecha Krüger – As ek kon kies
Beáta Bena – As ek kon kies
Cintaine Schutte – Trilstraat
Lauren Joseph – ’n Poppy op die heuwel
Beste kinematografie in ’n kortfilm
(alle kortfilms kom in aanmerking)
Gray Kotzé – ’n Poppy op die heuwel
Jason Haji-Joannou – Wag ’n bietjie
Michael Ellis – Twee persent
Beste redigering in ’n kortfilm
(alle kortfilms kom in aanmerking)
Canya Cruywagen – Change
Gideon Breytenbach – Wag ’n bietjie
Heinrich Laubscher – Twee persent
DOKUMENTÊR
Beste redigering in ’n kort dokumentêr
Adam Heyns, Juniper Hammond en Luke Housdon – Pappa Kitsch
Anlerie Cilliers – Rooi van aard
Roxanne Dalton – Die grond onthou
Beste regie in ’n kort dokumentêr
Adam Heyns en Stefanus Nel – Pappa Kitsch
Mia Cilliers – Die grond onthou
Pierre Malan – Die gees agter die spiere
Beste kort dokumentêr
Die gees agter die spiere
Die grond onthou
Pappa Kitsch
SPEELFILMS (pryse oorhandig by Kiks)
Beste vroulike byspeler in ’n speelfilm
Dhania Schultz – Landmyn
June van Merch – Al wat ek weet
Nicole Holm – Landmyn
Beste akteur in ’n speelfilm
Beer Adriaanse – Silas en die Ysbeer op Tafelberg
Ben Albertyn – Landmyn
Jonan Mouton – Al wat ek weet
Beste aktrise in ’n speelfilm
Anna-Mart van der Merwe – Landmyn
Carla Smith – Landmyn
Zenobia Kloppers – Al wat ek weet
Die kykNET Silwerskermtoekennings vir Film en TV word op Sondag 23 Augustus om 19:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai.