Meesterklasse

Om jou film op die internasionale feeskringloop vertoon te kry, is een van die grootste en ingewikkeldste uitdagings waarmee ’n filmmaker te kampe het. Die bekroonde skrywer-regisseur Dian Weys lei ’n intieme, praktiese meesterklas vir 15 gekeurde deelnemers, waar hy steun op sy praktiese ervaring met van die wêreld se voorste feeste – van Tribeca tot Cannes. Sy jongste kortfilm, Aasvoëls, het in 2025 die Unifrance Short Film Grand Prix-toekenning by Cannes gewen en word vanjaar by die Silwerskermfees vertoon. Dit is ’n gulde geleentheid om anderkant teorie by praktiese strategie uit te kom, met persoonlike leiding wat daarop gemik is om jou film die voorsprong te gee wat dit op die wêreldverhoog verdien.

Marianne de Klerk (Gasvrou) Met Dian Weys, Woensdag, 19 Augustus, 15:00, Silwerskermkamer  Doen aansoek

Gesprekke

Die kortfilm is een van die rolprentkuns se uitdagendste maar ook lonendste formate. Hierdie paneelbespreking ontleed wat ’n goeie kortfilm laat werk: die bondigheid van storievertelling, die eiesoortige stem wat dit vereis, en hoekom dit steeds die vinnigste pad na internasionale erkenning vir opkomende rolprentmakers kan wees. Die gesprek, wat in tandem met ’n vertoning van Dian Weys se hoogaangeskrewe kortfilm Aasvoëls aangebied word, gaan vra hoekom kort inderdaad die kragtigste kan wees.

Muneera Sallies (gespreksleier)

Met Dian Weys, Wim Steyn, Jordy Sank, Dominique Jossie en Jozua Malherbe.

Woensdag, 19 Augustus, 14:00

Rotunda

Kaartjies

Die mees veerkragtige inhoudskeppers in die bedryf bou deesdae loopbane en ondernemings op verskeie fondamente gelyktydig. Hierdie paneel bring bedryfsrolspelers bymekaar om kennis en ervaring oor ’n volhoubare kreatiewe praktyk in ’n veranderende landskap te deel – van strategiese handelsmerkvennootskappe tot formate wat met die oog op volhoubaarheid ontwerp is. Die gesprek oor hoe om ’n kreatiewe loopbaan te befonds, uit te bou en toekomsbestand te maak, was nog nooit so relevant nie.

Quentin C Krog (gespreksleier)

Met Stacey Takane, Siv Ngesi, Jaco Loubser en Chantelle Herbst

Donderdag, 21 Augustus, 14:00

Rotunda

Kaartjies

Kunsmatige intelligensie is reeds besig om die maniere waarop ons stories ontwikkel, vervaardig en versprei ingrypend te verander, maar daar is steeds groot vrae rondom outeurskap, eienaarskap en deursigtigheid. In hierdie paneelgesprek praat bedryfspraktisyns oor hoe KI tans in werksvloeiprosesse geïntegreer word, en wat dit beteken vir rolprentmakers wat ’n snel veranderende bedryf moet navigeer. Terwyl globale spelers hul benaderings begin definieer, speel gesprekke soos hierdie ’n deurslaggewende rol in die vorming van plaaslike perspektiewe en toekomstige raamwerke.

Wikus du Toit (gespreksleier)

Donovan Marsh, Damir Radonic en Lorhren-Rose Joseph

Vrydag, 21 Augustus, 14:00

Rotunda

Kaartjies

Die wêreldwye aptyt vir stories uit Afrika is groter as tevore, en daarmee saam kom ’n groeiende verskeidenheid van geleenthede vir samewerking en befondsing en die moontlikheid om groter produksies aan te pak. Hierdie paneel bring belangrike rolspelers uit die bedryf bymekaar om te besin oor die veranderende landskap van ko-produksies – internasionaal en binne Afrika – met ’n fokus op die sakemodelle wat nuwe weë na die mark baan. Die gesprek verken hoe vennootskappe met uitsaaiers, onafhanklike finansiering en ko-produksieverdrae binne sekere streke, ingespan kan word om projekte te struktureer wat beleggings kan lok en wêreldwyd gehore kan bereik. Met nuwe modelle wat voortdurend ontwikkel, was dit nog nooit so waardevol om te weet hoe om ’n projek te posisioneer, te verpak en voor te lê vir die grootste moontlike impak nie.

Scharl van der Merwe (gespreksleier)

Waldimar Pelser, Nicola Auret, Karen Jeynes en Joachim Landau

Vrydag, 21 Augustus, 15:30

Rotunda

Kaartjies

Werkswinkels

Kamerategnologie ontwikkel vinniger as ooit tevore. Dit bepaal wat op ’n stel moontlik is en herdefinieer die visuele taal van rolprente en televisie. In hierdie werkswinkel sluit toonaangewende stemme uit verskeie velde by die kinematograaf Jorrie van der Walt aan en begelei jou op ’n reis deur die volledige kinematografieproses – van kamerakeuse en -aanwending, databestuur en kodek-keuses tot kleurgraderingsmoontlikhede en na-produksie-oplossings. Dit beloof ’n meesleurende ervaring wat ’n brug tussen die kreatiewe en tegniese aspekte bou. Die werkswinkel bied ’n seldsame geleentheid om self met die toerusting te werk en insig te verkry in die besluitnemingsproses wat besig is om die manier waarop stories vertel word te verander.

Lucia Meyer-Marais (Aanbieder)

Jorrie van der Walt (Deskundige)

Donderdag, 20 Augustus, 16:00

Theatre on the bay

Kaartjies

In ’n era van digitale perfeksie kan die mees radikale kreatiewe keuse wees om terug te kyk en te put uit die verlede. Hierdie werkswinkel verken die unieke kreatiewe filosofie agter Silas en die Ysbeer op Tafelberg, waar praktiese poppespel, ’n geverfde hemelruim, analoë musikale instrumentasie en kontemporêre visuele effekte saamgeweef is – nie in kompetisie nie, maar in gesprek met mekaar. Die resultaat is ’n eiesoortige Suid-Afrikaanse fantasiewêreld wat tasbaar, emosioneel gelaai en tydloos voel. Dié werkswinkel, wat met ’n vertoning van die speelfilm gepaard gaan, demonstreer waarom ambag, instink en verbeelding steeds die kragtigste gereedskap in enige filmmaker se mondering is.

Quentin C Krog (Aanbieders)

(Deskundige)

Vrydag, 21 Augustus, 11:00

Rotunda

Kaartjies

Gehoorontwerp is ’n strategiese benadering wat die potensiële gehoor se behoeftes van die vroegste stadiums van ’n projek af in ag neem en integreer. Dit gebruik storiegebaseerde inhoud en meerkanaalkommunikasie om die mense te lok en te behou wat waarskynlik by jou werk aanklank sal vind. In hierdie werkswinkel deel die Berlynse gehoorstrateeg en stigter van GET YOUR CROWD, Paul Rieth, sy ervaring met rolprentmakers en film-organisasies om te verduidelik hoe gehoorontwerp in die praktyk lyk – van die ontwikkelingsfase tot en met vrystelling – en waarom die vroeë bou van hegte gehoorverhoudings een van die doeltreffendste instrumente geword het wat ’n rolprentmaker tot sy beskikking het.

Paul Rieth (fasiliteerder)

Vrydag, 21 Augustus, 12:00

Silwerskermkamer

Kaartjies

Meesterklasse

Maak ’n deurbraak op die feeskringloop Om jou film op die internasionale feeskringloop vertoon te kry, is een van die grootste en ingewikkeldste uitdagings waarmee ’n filmmaker te kampe het. Die bekroonde skrywer-regisseur Dian Weys lei ’n intieme, praktiese meesterklas vir 15 gekeurde deelnemers, waar hy steun op sy praktiese ervaring met van die wêreld se voorste feeste – van Tribeca tot Cannes. Sy jongste kortfilm, Aasvoëls, het in 2025 die Unifrance Short Film Grand Prix-toekenning by Cannes gewen en word vanjaar by die Silwerskermfees vertoon. Dit is ’n gulde geleentheid om anderkant teorie by praktiese strategie uit te kom, met persoonlike leiding wat daarop gemik is om jou film die voorsprong te gee wat dit op die wêreldverhoog verdien. Marianne de Klerk (Gasvrou)

Met Dian Weys

Woensdag, 19 Augustus, 15:00

Silwerskermkamer

Doen aansoek

Gesprekke

Ko-produksies: Modelle, markte en geleenthede Die wêreldwye aptyt vir stories uit Afrika is groter as tevore, en daarmee saam kom ’n groeiende verskeidenheid van geleenthede vir samewerking en befondsing en die moontlikheid om groter produksies aan te pak. Hierdie paneel bring belangrike rolspelers uit die bedryf bymekaar om te besin oor die veranderende landskap van ko-produksies – internasionaal en binne Afrika – met ’n fokus op die sakemodelle wat nuwe weë na die mark baan. Die gesprek verken hoe vennootskappe met uitsaaiers, onafhanklike finansiering en ko-produksieverdrae binne sekere streke, ingespan kan word om projekte te struktureer wat beleggings kan lok en wêreldwyd gehore kan bereik. Met nuwe modelle wat voortdurend ontwikkel, was dit nog nooit so waardevol om te weet hoe om ’n projek te posisioneer, te verpak en voor te lê vir die grootste moontlike impak nie. Scharl van der Merwe (Gespreksleier)

Met Waldimar Pelser, Nicola Auret Karen Jeynes en Joachim Landau

21 Augustus 15:30

Rotunda

Kaartjies

Die krag in kort Die kortfilm is een van die rolprentkuns se uitdagendste maar ook lonendste formate. Hierdie paneelbespreking ontleed wat ’n goeie kortfilm laat werk: die bondigheid van storievertelling, die eiesoortige stem wat dit vereis, en hoekom dit steeds die vinnigste pad na internasionale erkenning vir opkomende rolprentmakers kan wees. Die gesprek, wat in tandem met ’n vertoning van Dian Weys se hoogaangeskrewe kortfilm Aasvoëls aangebied word, gaan vra hoekom kort inderdaad die kragtigste kan wees. Muneera Sallies (Gespreksleier)

Met Dian Weys, Wim Steyn, Jordy Sank, Dominique Jossie en Jozua Malherbe.

Woensdag, 19 Augustus, 14:00

Rotunda

Kaartjies

’n Loopbaan anderkant opdragwerk Die mees veerkragtige inhoudskeppers in die bedryf bou deesdae loopbane en ondernemings op verskeie fondamente gelyktydig. Hierdie paneel bring bedryfsrolspelers bymekaar om kennis en ervaring oor ’n volhoubare kreatiewe praktyk in ’n veranderende landskap te deel – van strategiese handelsmerkvennootskappe tot formate wat met die oog op volhoubaarheid ontwerp is. Die gesprek oor hoe om ’n kreatiewe loopbaan te befonds, uit te bou en toekomsbestand te maak, was nog nooit so relevant nie. Quentin C. Krog (Gespreksleier)

Met Stacey Takane, Siv Ngesi, Jaco Loubser en Chantelle Herbst

Donderdag, 20 Augustus, 14:00

Rotunda

Kaartjies

KI + KI: Kunsmatige intelligensie en kreatiewe integriteit Kunsmatige intelligensie is reeds besig om die maniere waarop ons stories ontwikkel, vervaardig en versprei ingrypend te verander, maar daar is steeds groot vrae rondom outeurskap, eienaarskap en deursigtigheid. In hierdie paneelgesprek praat bedryfspraktisyns oor hoe KI tans in werksvloeiprosesse geïntegreer word, en wat dit beteken vir rolprentmakers wat ’n snel veranderende bedryf moet navigeer. Terwyl globale spelers hul benaderings begin definieer, speel gesprekke soos hierdie ’n deurslaggewende rol in die vorming van plaaslike perspektiewe en toekomstige raamwerke. Wikus du Toit (Gespreksleier)

Met Donovan Marsh, Damir Radonic en Lorhren-Rose Joseph

Vrydag, 21 Augustus, 14:00

Rotunda

Kaartjies

Werkswinkels

Kinematografie: Skiet die ligte uit (aangebied deur SONY) Kamerategnologie ontwikkel vinniger as ooit tevore. Dit bepaal wat op ’n stel moontlik is en herdefinieer die visuele taal van rolprente en televisie. In hierdie werkswinkel sluit toonaangewende stemme uit verskeie velde by die kinematograaf Jorrie van der Walt aan en begelei jou op ’n reis deur die volledige kinematografieproses – van kamerakeuse en -aanwending, databestuur en kodek-keuses tot kleurgraderingsmoontlikhede en na-produksie-oplossings. Dit beloof ’n meesleurende ervaring wat ’n brug tussen die kreatiewe en tegniese aspekte bou. Die werkswinkel bied ’n seldsame geleentheid om self met die toerusting te werk en insig te verkry in die besluitnemingsproses wat besig is om die manier waarop stories vertel word te verander. Lucia Meyer-Marais (Gasvrou)

Met Jorrie van der Walt

Donderdag , 20 Augustus, 16:00 Theatre on the Bay

Kaartjies

Moderne nostalgie: Die herverbeelding van handgemaakte rolprentkuns vir ’n nuwe generasie In ’n era van digitale perfeksie kan die mees radikale kreatiewe keuse wees om terug te kyk en te put uit die verlede. Hierdie werkswinkel verken die unieke kreatiewe filosofie agter Silas en die Ysbeer op Tafelberg, waar praktiese poppespel, ’n geverfde hemelruim, analoë musikale instrumentasie en kontemporêre visuele effekte saamgeweef is – nie in kompetisie nie, maar in gesprek met mekaar. Die resultaat is ’n eiesoortige Suid-Afrikaanse fantasiewêreld wat tasbaar, emosioneel gelaai en tydloos voel. Dié werkswinkel, wat met ’n vertoning van die speelfilm gepaard gaan, demonstreer waarom ambag, instink en verbeelding steeds die kragtigste gereedskap in enige filmmaker se mondering is. Quentin C. Krog (Aanbieder) Vrydag, 21 Augustus, 11:00

Rotunda

Kaartjies

Gehoorontwerp: Bou jou gehoor van dag een af Gehoorontwerp is ’n strategiese benadering wat die potensiële gehoor se behoeftes van die vroegste stadiums van ’n projek af in ag neem en integreer. Dit gebruik storiegebaseerde inhoud en meerkanaalkommunikasie om die mense te lok en te behou wat waarskynlik by jou werk aanklank sal vind. In hierdie werkswinkel deel die Berlynse gehoorstrateeg en stigter van GET YOUR CROWD, Paul Rieth, sy ervaring met rolprentmakers en film-organisasies om te verduidelik hoe gehoorontwerp in die praktyk lyk – van die ontwikkelingsfase tot en met vrystelling – en waarom die vroeë bou van hegte gehoorverhoudings een van die doeltreffendste instrumente geword het wat ’n rolprentmaker tot sy beskikking het. Paul Rieth (Aanbieder) Vrydag, 21 Augustus, 12:00

Silwerskermkamer

Kaartjies

Sprekers