Meesterklasse
Gesprekke
Werkswinkels
Meesterklasse |
|||
Hou jou snaaks: Toneelspeel in komedie | Hierdie eksklusiewe twee uur lange meesterklas met die bekroonde Suid-Afrikaanse komedie-sterre Bennie Fourie en Desiré Gardner ondersoek die kernvaardighede wat komiese toneelspel verg. Deelnemers sal in diepte kyk na tydsberekening en ritme, die kuns van toewyding en eerlikheid in absurde situasies en die bemeestering van tegnieke vir fisieke komedie. Daar word ook aandag gegee aan die ontwikkeling van improvisasievaardighede, verbetering van luister- en reaksievermoëns, en die eise wat verskillende komedie-genres stel – van die klug tot satire. Fourie, die skepper en ster van Hotel en Taktiek, reekse wat ’n rits Saftas gewen het, deel sy ryk ervaring met komiese skryfwerk, toneelspel en regie. Gardner, bekend vir 7de Laan, Magda Louw en talle ander produksies, gee insigte in sowel die kuns van komiese toneelspel as dit wat die rol van hoofskrywer behels. Die sessie sal ook raak aan die dissiplines van skryf en regie as noodsaaklike gereedskap vir akteurs wat die volledige proses en kuns van komedie wil verstaan. | Carla-Marie Myburgh (Gasvrou) | Woensdag, 20Augustus, 14:30
Theatre on the Bay |
Dokumentêre: Om feite soos fiksie te skryf | Hierdie intensiewe twee uur lange meesterklas met die dokumentêrkenners Jasyn Howes en Andy Petersen gaan oor die kuns om werklike gebeure in meesleurende vertellings te omskep. Aan die hand van hulle bekroonde werk, onder meer die dokumentêre reeks Boetie Boer, leer deelnemers hoe om verhale uit saakdossiere en hoftranskripsies te haal, karakterboë op openbare rekords te bou en hoe om komplekse onderwerpe te vermenslik sonder om feite te fiksionaliseer. Daar word ook gekyk na hibriede tonele wat heruitbeeldings met argiefmateriaal kombineer, tegnieke om ’n verhaalstruktuur met drie bedrywe uit nie-lineêre materiaal te skep en hoe om ’n balans tussen emosionele waarheid en feitelike akkuraatheid te handhaaf. Deelnemers kry die geleentheid om in praktiese oefeninge die wetlike en etiese uitdagings van werk met werklike slagoffers en ander bydraers te leer hanteer. | Shaamila Fataar (Gasvrou) | Donderdag, 21 Augustus, 14:00
Theatre on the Bay |
Kort en kragtig: Die skep van ‘n kortfilm | Hierdie eksklusiewe twee uur lange meesterklas met die bekroonde filmmakers Gabriella Blumberg en Jordy Sank ondersoek die kuns van kortfilmvervaardiging – van konsep tot die eindproduk. Deelnemers leer hoe om ’n storie ekonomies te vertel, visuele narratiewe tegnieke in te span en hoe om ’n onmiddellike impak binne streng beperkings te maak. Blumberg, die vervaardiger van die Safta-wenner-dokumentêr I Am Here en regisseur van bekroonde kortfilms soos Volle bors, is veral kundig oor die skep van die stories wat stigmas bevraagteken. Sank, wie se kortfilm Leemtes en leegheid die Silwerskermtoekenning vir Beste kortfilm gewen het en die pad gebaan het vir sy lokettrefferspeelfilm Die Kwiksilwers, sal praat oor strategieë om via ’n kortfilm by ’n vollengterolprent uit te kom. Deelnemers sal hul kortfilmvaardighede opskerp deur te werk aan bewys-van-konsep-stukke wat die potensiaal het om tot opdragwerk en erkenning, plaaslik sowel as internasionaal, te lei. | Muneera Sallies (Gasvrou) | Vrydag, 22 Augustus, 14:00
Theatre on the Bay |
Gesprekke |
|||
Die toekoms van die speelfilm | Filmmakers, verspreiders en visionêre denkers bespreek die uitdagings van teatervrystellings, kreatiewe probleemoplossing en toekomsvoorspellings oor die lewensvatbaarheid van speelfilms. | Waldimar Pelser (Gespreksleier) | Woensdag, 20 Augustus, 14:00
Rotunda |
Gehoor-evolusie: Begryp die met-oorvloed-bederfde moderne kyker | Kundiges op die gebied van befondsing, skedulering en die skep van kontemporêre inhoud bespreek die moderne kyker se behoeftes, begeertes en gewoontes – en hoe om hierdie kieskeuriges geboei en gelukkig te hou. | Muneera Sallies (Gespreksleier) Janine Cornelius, Renaldo Schwarp, Moses Williams en Yolanda Ncokotwana. |
Donderdag, 21 Augustus, 14:00
Rotunda |
Plaaslike inhoud, internasionale belangstelling: Redes hoekom stories loop | Leiers in die plaaslike uitsaaiwese, stroomdiens- en filmbedryf sit koppe bymekaar om suksesresepte te bespreek vir inhoud wat weerklank vind oor internasionale grense heen. | Lizette Khan (Gespreksleier) Tracy-Ann van Rooyen, Nicola Auret, Waldimar Pelser, Wikus du Toit en Refiloe Hlabioa. | Vrydag, 23 Augustus, 14:00
Rotunda |
Werkswinkels |
|||
Voor- en nasorgplig: Die werklikheid van werklikheidsvermaak | Hierdie uiters nuttige werkswinkel ondersoek die wetlike en etiese verantwoordelikhede wat vervaardigers teenoor die deelnemers aan realiteits-TV-programme het. Die sessie word gelei deur inhoud-, publisiteits- en sorgpligspesialiste, en dit dek die protokolle vir geestesgesondheidondersteuning, ingeligte toestemmingsprosesse, maatreëls vir fisiese veiligheid en na-produksiesorg. Feesgangers sal leer oor bedryfsriglyne, gevallestudies en die praktiese implementering van omvattende ondersteuningstelsels wat deelnemers gedurende verfilming en ná uitsending beskerm. | Marguerite Albrecht en Nadine Moonsamy (Aanbieders)
Martsie Dreyer (Deskundige) |
Woensdag, 20 Augustus, 15:00
Rotunda |
Dokumentêre: Vertroue, tydsberekening en volharding | Hierdie werkswinkel rus Suid-Afrikaanse storievertellers toe met praktiese gereedskap vir die maak van dokumentêre. Kom leer hoe om toegang tot mense en stories te verkry, sterk voorleggings vir plaaslike uitsaaiers soos kykNET en Showmax te skep en hoe om die etiese uitdagings rondom nie-fiksievertellings te hanteer. Deur gevallestudies van genre-uitdagende dokumentêre sal navorsingstegnieke, begrotingsbestuur en die bou van vertrouensverhoudings met bydraers belig word, asook hoe om al hierdie aspekte met ’n kreatiewe visie en realistiese produksiebeplanning te balanseer. | Terja Beney & Lorhren-Rose Joseph (Aanbieders)
Richard Finn Gregory (Deskundige) |
Donderdag, 21 Augustus, 12:00
Rotunda |
Filmfeeste dwarsoor die wêreld: Wat dit verg om ‘n indruk te maak | Hierdie strategiese werkswinkel demitologiseer die internasionale filmfeeslandskap vir opkomende filmmakers. Leer oor feeshiërargieë, voorleggingstrategieë en die sogenaamde “watervalbenadering” (“waterfall approach”) van topfeeste soos Venesië en Berlyn tot die meer streeksgebonde niskringlope. Suksesvolle filmmakers sal hul ervarings deel rondom die omgang met première-vereistes, die bou van bedryfsverhoudings en die ontwikkeling van langtermynfeesstrategieë. Deelnemers sal ook praktiese insigte kry in goeie tydsberekening met voorleggings; in dit waarna verskillende feesmarkte soek en in die kweek van die nodige deursettingsvermoë om deurbrake te kan maak in hierdie mededingende maar dikwels deurslaggewende omgewing. | Wikus du Toit (Aanbieder)
Deskundiges: |
Vrydag, 22 Augustus, 12:00
Rotunda |