BEURTKRAG

Jasper wil nie alleen wees nie. Hy wil sy lewe deel. Fransie is onafhanklik en verkies dit só. Ná te veel verkeerde besluite verdien sy beter. Wanneer Jasper en Fransie saam intrek, is dit ’n hoopvolle nuwe begin. Beurtkrag tref hulle onverwags op die eerste aand en hulle probeer die beste van die donker situasie maak. Hulle dans. Hulle raak dronk op die idee van liefde. Hulle onthou … maar saam met die onthou word die verkeerde boks oopgemaak en ontspoor die aand. Swaar bagasie word uitgepak en hulle word gekonfronteer met die swaar en donker verlede wat hulle saamdra. Beurtkrag is ’n drama wat die kwesbaarheid van verhoudings blootlê.

Afdeling: SPEELFILM / FEATURE FILM
Vervaardiger: Ivan Botha, Donnalee Roberts, Danie Bester
Produksiehuis: kykNET Films, 17 Films, 7 Films & The Film Factory
Uitvoerende vervaardiger(s): Yolisa Phahle, Allan Sperling, Nomsa Philiso, Jan du Plessis, Karen Meiring, Nicola van Niekerk
Regisseur: Jozua Malherbe
Draaiboekskrywer: Jozua Malherbe, Ivan Botha, Donnalee Robert
Redigeerder: Leon Visser
Kinematograaf: Jozua Malherbe
Klankbaan: Charl-Johan Lingenfelder
Rolverdeling: Ivan Botha, Donnalee Roberts, Greta Pietersen, Ludwig Binge, Marion Holm
Ouderdomsperk: 16 L S
Jaar: 2021