En die benoemings vir Silwerskermtoekennings in die kategorieē vir kortfilms en dokumentêre is …
Die Silwerskermbeeldjies word vanjaar by twee geleenthede oorhandig. Die 12de kykNET Silwerskermfeestoekennings vir Film en TV se eerste seremonie vir die filmkategorieë vind op Saterdag 31 Augustus om 10:00 by die Bay Hotel in Kampsbaai plaas. Daarna word die blou tapyt om 16:00 by die Kiks uitgerol vir die tweede seremonie van die kykNET Silwerskermtoekennings vir Film en TV, wat opgeneem word en Sondag 1 September om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) uitgesaai sal word.
DIE BENOEMINGS VIR KORTFILMS:
Beste draaiboek van ’n kortfilm deur ’n opkomende filmmaker
- Noise & Neighbours – Fraser du Toit
- Marie se laaste dag – Mercy Kannemeyer en Lourensa Eckard
- Die Skynwerper – Dewet van Rooyen & Linsen Loots
Beste regie van ’n kortfilm deur ’n opkomende filmmaker
- Noise & Neighbours – Liza Ludick
- Marie se laaste dag – Lourensa Eckard
- Die Skynwerper – Dewet van Rooyen
- Die Groot Twis – Johann Vermaak
Beste kortfilm deur ’n opkomende filmmaker
- Noise & Neighbours
- Marie se laaste dag
- Die Skynwerper
- Die Groot Twis
Beste kinematografie in ’n kortfilm
- Marie se laaste dag – Tom Marais
- Baas se honne – Jorrie van der Walt
- Noise & Neighbours – Vincent Boonzaaier
- Die Skynwerper – Dewet van Rooyen
Beste redigering in ’n kortfilm
- Noise & Neighbours – Mark Haines
- Liminale – Matthew Swanepoel
- Baas se honne – Leon Visser
- Die Groot Twis – Louise Bruwer
- Marie se laaste dag – Regardt Visser
Beste akteur in ’n kortfilm
- Baas se honne – Albert Pretorius
- Die Skynwerper – Ben Albertyn
- In die verloop van – Wilhelm van der Walt
- Noise & Neighbours – Tobie Cronjé
Beste aktrise in ’n kortfilm
- Marie se laaste dag – Mandri Sutherland
- Selah – Erica Wessels
- Deuntjie – Daneel van der Walt
- Noise & Neighbours – Olwethu Kunene
Beste Shotgun-kortfilm
- Baas se honne
- Liminale
- Selah
DIE BENOEMINGS VIR DOKUMENTÊRE:
Beste kort dokumentêr
- Vergeet van my
- Maak stil die geblaf
- Tussen die draad en die dropper
Beste regie in ’n kort dokumentêr
- Vergeet van my – Beer Adriaanse
- Maak stil die geblaf – Marisa van Tonder
Beste redigering in ’n kort dokumentêr
- Vergeet van my – Pierre-Arnold Theron
- Maak stil die geblaf – Marisa van Tonder
- Tussen die draad en die dropper – De Wyk Pretorius