
Filmskool: Top-4
Die kykNET Silwerskermfees bied ’n platform vir ontluikende talent en erken die groot rol wat akademiese instansies speel om jong filmmakers op te lei en te inspireer. Ná vele jare keer ’n kategorie spesiaal vir studentefilms terug na die fees. Die top-filmskole van dwarsoor die land is genader om hul films in te skryf vir keuring en slegs die room word by die fees vertoon. Vars talent. Vreeslose stories. Hier is waar als begin.



