
Gesinsprent en komiese kortprent wen elk vier pryse by kykNET Silwerskermtoekennings
Die wenners in 20 filmkategorieë van die kykNET Silwerskermtoekennings is Saterdagoggend 22 Augustus by The Bay Hotel in Kampsbaai aangekondig.
Die oggend se bloutapyt-geleentheid het gefokus op die tegniese kategorieë vir al die speelfilms en op die kortfilm- en dokumentêre kategorieë. Onder die speelfilms het die gesinsprent Silas en die Ysbeer op Tafelberg met vier pryse weggestap, terwyl die komiese kortprent Twee persent ook vier pryse ingepalm het.
Die legendariese filmmaker Koos Roets het ’n eerbewys ontvang vir sy lewensbydrae tot die vermaaklikheidsbedryf.
Die wenners van al die televisiekategorieë en vier gewilde speelfilmkategorieë word Saterdagaand by ’n glansgeleentheid in die Kaapstadse Internasionale Konferensiesentrum bekend gemaak.
WENNERS IN VAN DIE KATEGORIEË VIR SPEELFILMS:
Beste klankontwerp
Guy Steer – Al wat ek weet
Beste oorspronklike klankbaan
Janine Neethling, Hunter Kennedy, Johnny de Ridder – Silas en die Ysbeer op Tafelberg
Beste grimering en haarstilering
Jolene Cilliers – Silas en die Ysbeer op Tafelberg
Beste kostuums
Sulet Meintjes – Silas en die Ysbeer op Tafelberg
Beste produksieontwerp
Rocco Pool – Al wat ek weet
Beste redigering
Reghardt Botha – Landmyn
Beste draaiboek
Nico Scheepers – Landmyn
Beste kinematografie
Ebrahim Hajee – Silas en die Ysbeer op Tafelberg
Beste regie
Nico Scheepers – Landmyn
WENNERS IN DIE KATEGORIEË VIR KORTFILMS DEUR GEVESTIGDE EN OPKOMENDE FILMMAKERS:
KORTFILMS
Beste draaiboek
Michelle le Roux – Twee persent
Beste regie
Michelle le Roux en Heinrich Laubscher – Twee persent
Beste kortfilm deur ’n opkomende filmmaker
Michelle le Roux – Twee persent
Beste kortfilm deur ’n gevestigde filmmaker
Wag ’n bietjie
Beste akteur
Danny Ross – Wag ’n bietjie
Beste aktrise
Lauren Joseph – ’n Poppy op die heuwel
Beste kinematografie
Jason Haji-Joannou – Wag ’n bietjie
Beste redigering
Heinrich Laubscher – Twee persent
WENNERS: KORT DOKUMENTÊRE FILMS
Beste redigering
Anlerie Cilliers – Rooi van aard
Beste regie
Mia Cilliers – Die grond onthou
Beste dokumentêr
Die grond onthou
FEESGUNSTELING WENNER:
Al wat ek weet