Skryf in: Indie-filmkompetisie

Is jy ‘n vervaardiger met ‘n film of twee op jou kerfstok wat graag ‘n kortfilm saam met kykNET en die Silwermfees wil ontwikkel en maak? Hier is ‘n gulde geleentheid vir jou!

Buiten die kortfilmkompetisie waarmee ons jong, onervare filmmakers in staat stel om die industrie te betree, nooi ons nou ook gevestigde vervaardigers uit om deel te wees van ‘n opwindende nuwe kompetisie met befondsing van die fees.

Met ons nuwe Indie-filmkompetisie staan jy ‘n kans om R300 000 los te slaan om saam met kykNET en die Silwerskermfees jou film te onwikkel om te premiere by die 11de Silwerskermfees. Die fees behou die reg voor om te besluit hoeveel van die films as deel van dié kompetisie gemaak en vertoon sal word, maar dit sal nie meer as vyf wees nie.

Kriteria:

  1. Enige Suid-Afrikaanse film wat nie langer as 35 minute is nie.
  2. ‘n Vars konsep met ‘n unieke aanslag in ‘n verskeidenheid genres soos “coming of age”, LBGTQ, outeur, gender, mense-regte, seksualiteit, sosiale hervorming, feminisme ens.
  3. Grensverskuiwend en “edgy”, maar steeds toeganklik vir ‘n breë digitale gehoor.
  4. Taal: 80% outentiek Afrikaans en 20% in enige ander amptelike Suid-Afrikaanse taal.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is 14 Januarie 2002.

Inskrywingsfooi: R500 per inskrywing

Skryf hier in