Paneelgesprek: Verspreiding van plaaslike films gedurende ‘n globale pandemie. Aangebied deur Helen Kuun van Indigenous-filmverspreiding

Die pandemie laat filmmakers met ‘n dilemma: Neem ek die risiko en stel my plaaslike speelfilm of dokumentêr in teaters vry in die wete dat sommige Covid-protokolle en -beperkings nog in plek mag wees wat die gehoor en dus ook die loketinkomste beperk, of wag ek? As ek wel besluit om te versprei, wat kan ek van so ‘n uitreiking verwag? En hoe ondersteun en bemark ek my vrygestelde film as ‘n vervaardiger of filmmaker? Met Helen Kuun (fasiliteerder), Tanya Rossouw,  Thandeka Zwana.