Shotgun-kortfilms vir professionele filmmakers

As jy voor wil sit moet jy eerste shotgun skree, anders byt jy aan die wiele vas.

Die inskrywings vir die Silwerskermfees se Shotgun-kortfilms het pas oopgemaak en ons roep alle professionele filmmakers om shotgun te skree!

Jy het slegs 7 dae om in te skryf met ‘n konsep tussen 250 en 300 woorde, onthou om die speeltyd van jou film ook in te sluit wat tussen 10 en 30 minute kan wees.  Uit al die suksevolle inskrywings word die beste konsepte gekies. Jy sal gevra word om jou teks uit te brei, ‘n begroting op te stel en ‘n regisseursvoorlegging te doen vir die finale keuringsproses, om ‘n Shotgun-kortfilm vir Silwerskermfees 2024 te vervaardig.

Professionele kortfilms gemaak deur gevestigde filmmakers maar jy moet jouself uitdaag. Jy kan nie dieselfde genre doen waaraan jy gewoond is nie. Moenie aan die spaarwiel vasbyt nie! Waag ‘n bietjie! As jy suksesvol is in jou aansoek, kry jy ook die geleentheid om die kêppie van ‘n mentor op te sit deur ‘n jong en opkomende persoon aan te stel om te leer uit die proses van die spesifieke rol wat jy aanpak.

Voltooi die inskrywingsvorm en SHOTGUN! Daar is ‘n inskrywingsfooi van R350 en die inskrywings sluit oor 7 dae op 29 Augustus 2023.

Dis ‘n ticking time bomb! Kortfilm konsepte in 7 dae! Shotgun shorts!