Agter die Silwerskerm: Gesprek met die filmmakers van Barakat

Kaye Ann Williams in gesprek met Ephraim Gordon, Joey Rasdien en Quanita Adams.

Barakat is die eerste Suid-Afrikaanse rolprent in Afrikaaps wat die gesinslewe en kultuur van die Kaapse Moslemgemeenskap uitbeeld. Die draaiboek is gekryf deur die veelbekroonde Amy Jephta. Die geliefde Vinette Ebrahim skitter in die rol van ’n ma wie se vier seuns glad nie beïndruk is met haar trouplanne nie. Joey Rasdien, Mortimer Williams, Danny Ross en  Keeno-Lee Hector is haar spruite. June van Merch, Quanita Adams, Bonnie Mbuli en Leslie Fong is ook in die rolverdeling. Barakat het reeds verskeie internasionale toekennings verower.