kykNET Silwerskermfees Silwermark

Gryp dié geleentheid aan om jou film of televisieprogram by kykNET se 2024 Silwerskermfees in persoon te kom pitch.

Storievertellers in ’n verskeidenheid videovermaakgenres kan ’n konsepvoorstel indien wat moontlik tot ’n inpersoonvoorlegging by die fees kan lei. Die inpersoon-sessies vir M-Net se opdraggewende vervaardigers en besluitmakers vind tydens die fees in Augustus 2024 plaas.

Hoe skryf ek in?

  • Registreer op die Silwerskermfeeswebblad: silwerskermfees.co.za
  • Vul die inskrywingsvorm volledig in
  • Laai jou voorleggingsdokument in PDF-formaat op – MAKSIMUM 2 BLADSYE
  • Film, televisie- en stroomdiensprogramvoorstelle moet via die kykNET Silwerskermfeeswebwerf ingehandig word.

Die sluitingsdatum vir alle kategorieë, behalwe AFP, is 7 Junie 2024. Inskrywings vir die AFP-kategorie open 11 Junie, en die sluitingsdatum vir inskrywings is 5 Julie 2024.

Die keurproses word deur die M-Net Content Hub se opdraggewende vervaardigers gedryf.  Nadat die top-15-konsepte in elke kategorie aangewys is, skuif die beoordeling na die inhouds- en kanaalhoofde wat die topvyfdeelnemers sal aanwys. Daarna word dié topvyf in elke kategorie uitgenooi om in persoon hul konsepte by die 11de Silwerskermfees, wat tussen 28 en 31 Augustus in Kampsbaai gehou word, te kom aanbied.

Die konsepte vir nuwe films, televisie- en stroomdiensprogramme moet in een van die volgende kategorieë wees:

  1. kykNET Drama
  2. kykNET Realiteit en vermaak
  3. kykNET Dokumentêr
  4. Afrikaanse speelfilm
  5. Showmax – Enige genre
  6. kykNET Adverteerde-geborgde programme (AFP)

Let wel: Die dialoogvereiste vir alle voorstelle is 70% Afrikaans.

BEPALINGS EN VOORWAARDES:

Jou inskrywing dien as bewys dat jy die bepalings en voorwaardes, soos hieronder uiteengesit, aanvaar het.

  1. Inskrywings moet voor 7 Junie 2024 via die Silwerskermfeeswebwerf ingedien word, behalwe in die AFP-kategorie. Vir laasgenoemde kategorie is die sluitingsdatum vir inskrywings 5 Julie 2024. Enige inskrywing wat na die sperdatum ontvang word, sal nie in aanmerking geneem word nie, ongeag die rede daarvoor.
  1. Inskrywings wat nie aan die voorleggingsvereistes voldoen nie, sal nie aanvaar word nie.
  1. Deelnemers moet Suid-Afrikaanse burgers wees of permanent in Suid-Afrika woonagtig wees.
  1. Deelnemers jonger as 18 jaar moet skriftelike toestemming van hul ouers of voogde hê om in te skryf, en hul ouers of voogde moet hulle bystaan met hul inskrywing en die algehele voorleggingsproses.
  1. Alle kommunikasie moet duidelik gemerk word met die programtitel van die voorstel as verwysing.
  1. M-Net en sy geaffilieerde maatskappye aanvaar geen verantwoordelikheid vir koste wat aangegaan word om ’n voorstel in te skryf nie.
  1. Dit is die verantwoordelikheid van elke deelnemer om te verseker dat enige inligting wat aan M-Net voorsien word volledig en korrek is. M-Net en sy geaffilieerde maatskappye kan nie verantwoordelik gehou word vir inkorrekte inligting wat deur die deelnemer verskaf is nie.
  1. M-Net en sy geaffilieerde maatskappye kan nie verantwoordelik gehou word vir enige inskrywings wat nie ontvang is binne die inskrywingsperiode nie, ongeag die rede daarvoor.
  1. M-Net en sy geaffilieerde maatskappye kan nie verantwoordelik gehou word vir enige probleme of tegniese foute van enige telefoonnetwerk of -lyne, webwerwe, aanlyn rekenaarstelsels, internetverskaffers, rekenaarhardeware- of sagtewareprobleme, of enige ander tegniese en/of verwante probleme wat nie hierin vervat word nie.
  1. M-Net en sy geaffilieerde maatskappye kan nie verantwoordelik gehou word vir enige skade ten opsigte van enige deelnemer of ander persoon se rekenaar, selfoon of enige ander toestel wat deur die deelnemer gebruik word om in te skryf of om materiaal te bekom wat verband hou met die inskrywing nie.
  1. M-Net en sy geaffilieerde maatskappye sal ’n paneel aanstel om die inskrywings te beoordeel. Die paneel se besluit is finaal en daar sal nie verder daaroor in gesprek getree word nie. Die besluit oor die aantal programme wat vervaardig sal word, berus uitsluitlik by M-Net.
  1. Die beoordelaars sal uit die inskrywings maksimum vyf inskrywings per kategorie (soos gelys in die inleiding boaan) kies om in persoon voorgelê te word by die fees. Die geselekteerde deelnemers sal per e-pos in kennis gestel word. Daar sal geen korrespondensie met deelnemers gevoer word met betrekking tot gekeurde inskrywings nie, behalwe om diegene wie se voorleggings gekies is in kennis te stel. Die deelnemers wat gekies is om hul voorstelle by die fees voor te lê, sal teen 31 Julie 2024 in kennis gestel word.
  1. Die inskrywings kan in Engels ingedien word, maar die vereiste vir die finale produk vir uitsending is dat 70% van die dialoog Afrikaans moet wees.
  1. Nadat dit bevestig is dat die inskrywing gekies is om in persoon aan M-Net en Silwerskermfeesverteenwoordigers by die fees voorgelê te word, sal deelnemers verantwoordelik wees vir hul eie reis- en akkommodasiekostes om die sessie te kan bywoon. Indien ’n deelnemer nie die fees in persoon kan bywoon nie, sal die geleentheid om die program voor te lê wegval en aan ’n ander deelnemer toegeken word. Tydens die keurings- en voorleggingsfase behou die deelnemer die kopiereg en alle ander intellektuele regte op die programvoorstel.
  1. Uit die vyf konsepte per kategorie wat geselekteer is om by die fees voorgelê te word, sal M-Net die beste voorstel in elke genre kies om verder ontwikkel en/of vervaardig te word in oorleg met M-Net se standaardopdragkontrak. Ingevolge die M-Net-standaardopdragkontrak behoort die kopiereg en al die ander intellektuele eiendomsregte op die program wat vervaardig word, uitsluitlik aan M-Net, wat M-Net, onder meer, die reg gee om die program op enige platform te vertoon, dwarsoor die wêreld, vir ewig. Indien die deelnemer nie instem tot die bepalings van die M-Net-standaardopdragkontrak nie, sal die deelnemer nie meer vir die M-Net-standaardopdragkontrak kwalifiseer nie. Vir die adverteerder-geborge genre moet borge ’n ooreenkoms met M-Net en sy geaffilieerde maatskappye aangaan bo en behalwe die inskrywing se bevestigingsbrief.
  1. Indien die fees, om welke rede ook al, nie voortgaan nie, sal die geleentheid om die program voor te lê heroorweeg word. Die besluit oor hoe om voort te gaan met die proses sal uitsluitlik deur M-Net gemaak word.
  1. M-Net behou die reg voor om dié uitnodiging tot deelname of enige ander aspek daarvan aan te pas, uit te stel, te staak of te kanselleer vir welke rede M-Net dit ook al nodig mag ag. Ingevolge sodanige aanpassing, uitstelling, staking of kansellasie, stem die deelnemer toe om afstand te doen van enige regte, belange en verwagtinge wat hulle ten opsigte van die uitnodiging tot deelname mag hê. Hulle erken dat hulle in dié geval geen eis teen M-Net, M-Net se geaffilieerde maatskappye en derdepartyverskaffers het nie.
  1. Indien enige deelnemer nie die reëls of regulasies nakom nie, behou M-Net die reg om regsstappe te neem en is geregtig daarop om:
  • die deelnemer outomaties te diskwalifiseer;
  • aan te dring op vergoeding vir enige verlies of skade wat direk of indirek deur M-Net of MultiChoice (Pty) Ltd gely word weens die deelnemer (of, indien van toepassing, sy/haar vennoot) se verontagsaming van die ooreenkoms, insluitend al die regskoste (insluitend prokureurs- en eiekliëntkoste) wat M-Net aangaan.
  1. Die deelnemer vrywaar hiermee M-Net en sy geaffilieerde maatskappye van enige eis, skade of verantwoordelikheid soos gely deur enige ander persoon voortspruitend uit die deelnemer se aksies ten opsigte van die inskrywing en enige gebeure daarna, wat die voorlegging insluit.
  1. Vir verwysingsdoeleindes beteken “geaffilieerde maatskappye” enige ander entiteit wat beheer uitoefen, beheer word deur of onder gemeenskaplike beheer saam met M-Net is. “Beheer” (insluitend die terme “beheer uitoefen”, “beheer word deur” en “onder gemeenskaplike beheer saam met”) beteken die besit, regstreeks of indirek, van die bevoegdheid om die bestuur en beleid van ’n entiteit te rig of te veroorsaak, hetsy deur die eienaarskap van stemgeregtigde sekuriteite, via kontrak of andersins.
  1. Hierdie reëls en regulasies sal geïnterpreteer en afgedwing word volgens die wette van die Republiek van Suid-Afrika.

kykNET Silwerskerm Film Festival Silwermark 2024

Grab this opportunity to pitch your film or television show at the 2024 kykNET Silwerskerm Film Festival.

Storytellers in various video entertainment genres will have the opportunity to submit a concept proposal in a specific category. Submissions will potentially be selected for an in-person pitching session to a panel of commissioning decision-makers at the festival in August 2024.

How do I enter?

  • Register on the Silwerskerm Film Festival webpage: silwerskermfees.co.za
  • Complete the entire entry form.
  • Upload a pitching document in PDF – MAXIMUM 2 PAGES
  • Film, TV and streaming concepts are to be submitted via the kykNET Silwerskermfees website

Entries close on 7 June 2024, except for the AFP category. Submissions for the AFP category open 11 June, and the closing date is 5 July 2024.

The selection process is driven by the M-Net Content Hub Commissioning Editors representing the various categories. After the top fifteen concepts in each category have been identified, they will be evaluated by the Content and Channel Heads. Finally, the top five participants in each category will be invited to a live pitching session at the 11th Silwerskerm Film Festival in Camps Bay between 28 and 31 August 2024.

Concepts for new films, television or streaming shows must fit into either of the following categories:

  1. kykNET Drama
  2. kykNET Reality & Entertainment
  3. kyKNET Documentary
  4. Afrikaans Feature Films
  5. Showmax – Any genre
  6. kykNET Advertiser Funded Programmes (AFP)*

Note: Show concepts must adhere to a 70% Afrikaans dialogue prerequisite.

TERMS AND CONDITIONS:

The submission entry serves as proof that the terms and conditions set out below have been accepted.

  1. Entries must be completed and uploaded on the festival website before 7 June 2024, except for the AFP category. The closing date for entries in this category is 5 July 2024. Any entry received after the deadline will not be accepted, irrespective of the reason for missing the deadline.
  2. Entries that do not adhere to the submission requirements will not be accepted.
  3. Participants must be South African citizens or permanent residents in South Africa.
  4. Participants under the age of 18 must obtain written permission from their parents or guardians before entering, and their parents/guardians must provide the necessary assistance with their submission and the entire process.
  5. All communications must be clearly marked with the show’s title as reference.
  6. M-Net does not accept any responsibility for costs incurred when entering a proposal.
  7. It is the responsibility of every participant to ensure that any information provided to M-Net is complete and correct. M-Net and its affiliates cannot be held responsible for any information incorrectly completed.
  8. M-Net and affiliates cannot be held responsible for any entries not received within the entry period, regardless of the reason.
  9. M-Net and affiliates cannot be held responsible for any problems or technical errors of any telephone networks or lines, websites, computer online systems, internet providers, computer hardware or software problems or any combination thereof, or any other technical and/or related problems not listed herein.
  10. M-Net and affiliates cannot be held responsible for any damage to a participant’s or any other person’s computer, cell phone or any other device used by the participant with which to enter or when obtaining material that pertains to the entry.
  11. M-Net will appoint a panel to judge the entries. The panel’s decision is final, and no discussions will be entered into. The final decision about the number of shows that will be produced, lies solely with M-Net.
  12. From the entries, the panel of judges will select a maximum of five entries per category to advance to the next stage of pitching in person at the festival. The selected participants will be informed via email. No correspondence will be exchanged with participants with respect to selections, apart from notifying those whose submissions are selected. Participants whose submissions are selected to pitch at the festival will be notified by no later than 31 July 2024.
  13. The entries can be submitted in English, but the final product for broadcasting must be 70% Afrikaans.
  14. Upon confirmation that an entry has been selected and invited to pitch in person to M-Net and the festival representatives, the participant will be responsible for their travel and accommodation for the purposes of the pitching session. Should the participant not be able to attend the festival in person, the opportunity to pitch will be forfeited, and another participant will be granted the opportunity. During the selection and pitching phase, the copyright and all the other intellectual property remain with the participants.
  15. From the five contenders per category pitching in person at the festival, M-Net will choose the best concept in each genre for further development and/or production by M-Net in line with M-Net’s standard terms and conditions for commissioning. These terms and conditions include that the copyright and all the other intellectual property rights to the programmes that are produced, exclusively belong to M-Net which entitles M-Net, among other things, to exploit such programmes on any platform, throughout the world, in perpetuity. Should the participant not be agreeable to these terms and conditions, the participant will not be eligible for commissioning. For the Advertiser Funded Programmes genre, sponsors will need to conclude agreements with M-Net or its affiliates despite the confirmation letters.
  16. Should the festival not continue for any reason, the opportunity to pitch in person will be reviewed, and the decision to continue the process will lie exclusively with M-Net.
  17. M-Net retains the right to adjust, delay or cancel this invitation to participation or any aspect thereof (including postponing, suspending or cancelling the festival) for whatever reason M-Net deems necessary. In terms of such an adjustment, delay, discontinuation or cancellation, the participant agrees to relinquish any rights, interests and expectations they may have concerning the invitation to participate and admit they will not have any claim against M-Net, its affiliates and the festival.
  18. In the event of any non-compliance with these terms and conditions by a participant, M-Net reserves the right to take legal action and:
  • Disqualify the participant with immediate effect;
  • be entitled to claim compensation for any loss or damage suffered due to the participant’s non-compliance (or, where relevant, their partner’s non-compliance), including all legal costs (including lawyers’ and own client costs) incurred by M-Net in any steps instituted against the participant.
  1. The participant hereby indemnifies and holds M-Net and affiliates harmless against any liability, loss or damage suffered by any person as a result of the participant’s conduct in connection with the entry and any steps that may follow including the pitch.
  2. For reference purposes “affiliate” means any other entity controlling, controlled by or under common control with M-Net. “Control” (including the terms “controlling”, “controlled by” and “under common control with”) means the possession, direct or indirect, of the power to direct or cause the direction of the management and policies of an entity, whether through the ownership of voting securities, by contract or otherwise.
  3. These terms and conditions will be interpreted and enforced in terms of the laws of the Republic of South Africa.