Meesterklasse

SSF-paneelbesprekings

Sprekers

Allan Sperling is oorspronklik van Denemarke, maar woon tans in Johannesburg en is die Uitvoerende Hoof van Produksie by Multichoice. Hy is verantwoordelik vir die medeproduksie, post-produksie, ontwikkeling, finansies en distribusie van verskeie projekte.

Amy Jephta is ’n draaiboekskrywer, regisseur en dramaturg van Mitchells Plein, Kaapstad. Sy het drie speelfilms agter haar naam, insluitend Suid-Afrika se inskrywing vir die 2018 Golden Globes, Ellen: Die storie van Ellen Pakkies. As dramaturg is van haar werk onder regie van Danny Boyle by die Royal Court opgevoer. Sy is die 2017-wenner van die Eugène Marais-prys, en die 2019-ontvanger van die gesogte Standard Bank Jong Kunstenaar-toekenning in die drama-kategorie. Sy fokus tans op die vervaardiging van film en televisie via haar onderneming, Nagvlug Films. Haar hoog aangeskrewe speelfilmdebuut as skrywer-regisseur, Barakat, was Suid-Afrika se inskrywing vir die 2022 Oscars.

Anthony Mestriner het vir 15 jaar as film-en-televisie outeursagent by Casarotto Ramsay & Associates in London gewerk – een van die wêreld se mees gesogte agentskappe om skrywers, regisseurs, departementshoofde en regte te verteenwoordig. Huidige kliënte is onder meer Edward Berger (Melrose), Otto Bathurst (Peaky Blinders), Miguel Sapochnik (Game of Thrones), Nora Fingscheidt (The Unforgivable) en Duncan Macmillan (1984). Voor hy gewerk het as agent, het Anthony by Spyglass Entertainment in Los Angeles gewerk, terwyl hy aan die filmskole by Southern Methodist University en UCLA studeer het.

Aoife Lennon-Ritchie is besturende vennoot by Torchwoord, ’n outeurs- en werwingsagentskap met kantore in Kaapstad en Johannesburg. Saam met haar vriend, David Kayser, verteenwoordig sy opkomende asook internasionaal erkende skrywers, regisseurs, draaiboekskrywers en uitgekose televisie- en filmvervaardigers. Sowel as agent wees vir bo-die-lyn talent, bestuur Aoife ook Lennon-Ritchie Agency wat skrywers internasionaal verteenwoordig en filmregte en internasionale uitgewersregte verkoop namens Suid-Afrikaanse en oorsese uitgewers insluitend Penguin Random House South Africa, Pan Macmillan South Africa, Jonathan Ball Publishers en Duck Creek Press New Zealand.

Danilo Acquisto is die Hoof- Uitvoerende Beampte en medestigter van aanlyn video spesialiteitsbesigheid en YouTube MCN, Special Effects Media South Africa. Voor sy televisie- en radioproduksieloopbaan, het hy 10 jaar gewerk in video en oudio. Hy het begin as aanbieder op televisieprogramme soos Hectic Nine-9, Afternoon Express en Win a Home en radioprogramme soos die Hit 30 op Goeie Hoop FM. In 2017, het hy ’n vennootskap aangegaan met ’n internasionale YouTube MCN om ’n plaaslike aanbieding te loods.

David Kayser is ’n outeursagent gevestig in Johannesburg, Suid-Afrika. Hy het vir die grootste gedeelte van die die laaste 10 jaar, in London by Casarotto Ramsay & Associates Ltd gewerk – een van die wêreld se voorste kreatiewe agentskappe wat opkomende sowel as internasionaal erkende skrywers, regisseurs, departementshoofde in film, televisie en teater verteenwoordig.

Dorothee Wenner is ’n vryskutfilmvervaardiger, filmkurator en skrywer gevestig in Berlyn. Sy is ’n eksterne kurator by die Humboldt Forum vir Film en Bioskoop, en ’n afgevaardigde van die Berlyn Internasionale Filmfees vir die Sub-Sahara Afrika streek. Sedert die ontstaan in 2005, behoort Dorothee Wenner aan die jurie van die Lagos-gevestigde Afrika Akademietoekennings. Haar nuutste werk as filmvervaardiger is die webreeks Kinshasa Collection (www.kinshasa-collection.com).

Harriet Gavshon bestuur Quizzical Pictures – een van Suid-Afrika se voorste film-en-televisie maatskappye. Sy het 25 jaar se ervaring in vervaardiging waaronder van Suid-Afrika se mees gevierde en geliefde televisie-produksies soos Soul City, iNumber, Diamond City en The Girl from St Agnes.

Dokumentêre/feiteprogramme wat sy vervaardig het, sluit in Masterchef South Africa en A country Imagined with Johnny Clegg. Mees onlangs het sy gewerk saam met Serena Cullen aan die dramareeks Reyka wat verkoop is in meer as 80 lande. Sy het die Crystal Toekenning vir Vroue met Dapperheid en Visie van Vroue in Film ontvang asook ’n spesiale toekenning vir vrou-veteraankunstenaar by die Departement van Kuns en Kultuur.

Helen Kuun is Besturende Direkteur van Indigenous Film Development and Distribution. Sy het die maatskappy gestig in 2009 as die eerste onafhanlike filmverspreidingsmaatskappy gerig op verspreiding van rolprente in Suid-Afrika en Afrika vervaardig. Sy het meer as 25 jaar se ervaring in alle aspekte van filmdistribusie in Suid-Afrika oor alle platforms van publisiteit en bemarking tot aanwinste, ontwikkeling en verkope. Tot op hede het Indigenous Film Development, ’n maatskappy met slegs vroulike werknemers en 100% in swartbesit, reeds 130 rolprente vrygestel insluitend Liefling – Die Movie, Four Corners, Inxeba (The Wound), Racheltjie de Beer, Losing Lerato, Rafiki, Knuckle City, This is Not a Burial it’s a Resurrection en Barakat.

Irfaan Fredericks is die voormalige mede-eienaar van Kalahari Film and Media, ’n internasionaal erkende produksiemaatskappy wat hy bestuur het saam met sy besigheidsvennoot, Michael S. Murphy, vanaf 2014 tot 2021 – hulle het onder andere bekendheid verwerf as die Afrika fasiliteerdervervaardiger vir Uncut Gems met Adam Sandler, asook hoofvervaardiger van SAF3, ’n internasionale televisiereeks deur dieselfde vervaardigers van Baywatch met Dolph Lundgren. Irfaan Fredericks het reeds verskeie advertensies vir blou skyfie maatskappye soos Coca-Cola, Toyota en Disney gemaak. Teen laat 2020, het Irfaan onafhanklik gewerk as reeksvervaardiger van die Showmax reeks Tali’s Baby Diary. In dieselfde jaar, stig hy Wallflower Production om oorspronklike inhoud van Afrika vir ’n internasionale gehoor te ontwikkel.

Karin Preller is ’n Johannesburgse kunstenaar. Ná ’n kort loopbaan in die regte voltooi sy ’n MA(BK) (Cum Laude) by die Universiteit van die Witwatersrand waarna sy in Kunsgeskiedenis by Unisa en ander tersiêre instellings doseer. Sy is tans voltyds kunstenaar en besig met ’n doktorsgraad by die Universiteit van Johannesburg. Haar werk is in verskeie versamelings opgeneem, onder meer, die Johannesburgse Kunsgalery, Sasol, Absa, Unisa, Oliewenhuis Kunsmuseum, die Pretoriase Kunsmuseum, die kantoor van die Openbare Beskermer, ATKV en Standard Bank.

Kaye Ann Williams het in 2008 by Penguin Films begin werk – aanvanklik as vryskutskrywer, maar later was sy hul hoof van ontwikkeling. Sy was die medevervaardiger van verskeie televisiereekse, insluitend Shreds and Dreams II, Zibondiwe, Stokvel en You Deserve It. Sy was die mededraaiboekskrywer en vervaardiger van die SAFTA-wenner Ingoma, ’n TV-fliek vir die Mzansi Magic-kanaal. Kaye was ook die mededraaiboekskrywer van die bekroonde speelfilm Krotoa.

Kaye het in 2015 by kykNET aangesluit, waar sy as toesigvervaardiger gewerk het aan, onder meer, die SAFTA-benoemde daaglikse drama Suidooster. Daarna het sy M-Net se senior bestuurder van opdragwerk geword. Jaar portefeulje sluit flieks in asook plaaslik geskryfde inhoud en werklikheids-TV. In 2019 het sy Trackers, ’n groot ko-produksie met HBO Cinemax en ZDFE, saam met die M-Net-span bekend gestel.

Laetitia Pople is die kuns- en vermaakredakteur van Netwerk24. Sy is die afgelope 30 jaar ’n kunsjoernalis by die Afrikaanse dagblaaie. Sy het reeds op verskeie beoordelaarspanele gedien, onder meer vir die Fiëstas-, Kanna-, Silwerskermfees- en ATKV-toekennings.

Layla Swart, medestigter van Yellowbone Entertainment, is een van Suid-Afrika se mees suksesvolle vervaardigers en redakteure. Layla is gekies as die enigste verteenwoordiger van die Film en Kreatiewe Industrie Sektor by die 2018 President Suid-Afrika beleggingskonferensie en sy is die 2019 SAFTA Jeugpresteerder-prys toegeken. Sy het die 2020 SAFTA vir Beste Redakteur van ’n Rolprent gewen, en haar rolprente Sew the Winter to My Skin en Knuckle City was Suid-Afrika se inskrywings vir die Oscars-toekennings in 2019 en 2020. In 2020, het sy die televisiereeks Blood Psalms vervaardig wat eerste te sien sal wees op Showmax en Canal Plus in Februarie 2022.

Leon van Nierop werk al 46 jaar in die vermaaklikheidsbedryf. Hy begin as radio-omroeper en regisseur by die SAUK in 1975 en skryf rolprentresensies vir radio, tydskrifte, koerante en televisie. Hy gee vir 25 jaar lank klas by verskeie universiteite in rolprentwaardering en draaiboekskryf. Tussen 2004 en 2008 is hy hoof van die TUT Filmskool as spesiale professor in Film, en skryf twee rolprentdraaiboeke, Wolwedans in die skemer en Ballade vir ’n enkeling. Hy bied TV-vasvraprogramme aan, vervaardig ’n TV-reeks oor die geskiedenis van die Afrikaanse rolprent, Daar doer in die fliek, en publiseer dit ook as boek. Hy het 36 romans, verskeie radiodramas asook TV-dramas en -reekse geskryf en het pas n eenmanverhoogstuk voltooi.

Lieza Louw is ’n akademikus, filmmaker en navorser by Arts Research Africa, Wits Universiteit, en ’n deeltydse lektor by die Tshwane Universiteit van Tegnologie. Haar navorsing fokus onder meer op herinnering, nostalgie, landskapstudies, die argief en dokumentêre films. Onlangse films sluit in Like Shooting Sardines in a Barrel (2018) en St Cuthbert’s: This Is What I Like About My Place (2020).

Mandisa Zitha is Feesdirekteur van die Encounters Suid-Afrikaanse Internasionale Dokumentêr Fees. Sy is ambassadeur vir die Suid-Afrikaanse filmindustrie en is toegewyd tot die ontwikkeling van opkomende talent in die dokumentêr industrie. Zitha het die 2020 Mbokodo Toekenning vir Vroue in Media ontvang. Sy het ’n sleutelrol gespeel in die bou van die vennootskappe tussen Encounters en Sichuan Televisie Fees in China (wat sewe plaaslike films en twee filmvervaardigers na ’n fees in China geneem het), die Franse Ambassade vir die eerste Afridoc Suid-Afrikaanse skryfresidensie (ontwerp om die Afrika dokumentêre-rolprent te ontwikkel), en in 2012 die vennootskap met Al Jazeera Engels wat 20 Afrika dokumentêre die geleentheid gebied het om hulle werk te wys vir ’n kans om op Al Jazeera vertoon te word.

Marianne Thamm is ’n skrywer, redakteur en joernalis. Sy is grootgemaak in Pretoria waar sy geleer het om Afrikaans te praat en lief te hê. Sy is tans mederedakteur van die Daily Maverick.

Monica Rorvik is hoof van die film-en-media promosiespan by Wesgro, die Wes-Kaapse Agentskap vir Toerisme, Handel en Beleggings. Sy het voorheen gewerk as assistant-bestuurder by Durban Internasionale Filmfees en was onder andere verantwoordelik vir die bestuur van hulle industrieprogramme. Sy het ’n passie ontwikkel vir die groeiende talent in Afrika en het ’n sleutelrol gespeel in die formasie van Talents Durban in vennootskap met die Berlinale Talent program. Sy is ’n ervare filmprogramkurator en dien gereeld op internasionale juriepanele en bemark spesialiteitsprogramme vir internasionale feeste en markte. Rorvik is ook ’n gesertifiseerde Afrika Filmkommissaris.

Nomsa Philiso het omvattende uitsaai- en media-ervaring, wat strek oor 26 jaar – onder andere het sy etlike jare by die Suid-Afrikaanse publieke uitsaaikorporasie gewerk. Sy is ervare in mediaverkope, kanaal en inhoudbestuur, sowel as tegnologie-projekimplementasie en sy dra deeglike kennis van elke betrokke teikenmark. Sy het aangesluit by MultiChoice in Januarie 2020 as Kanaaldirekteur vir Plaaslike Vermaak en is aangestel as Uitvoerende Hoof: Programme in Oktober 2021.

Na 12 jaar in verskeie operasionele rolle by Ster-Kinekor, het Tanya Rossouw geskuif na hulle Inhoud- en Programspan as organiseerder waar sy die laaste ses jaar spandeer het. Haar hooffokusareas sluit in die programopvolgbeplanning, roostebepaling en administrasie.

Thandeka Zwana het as Direkteur vir Ontwikkeling aangesluit by Indigenous Film Distribution in 2018 met die doelwit om die katalogus uit te brei van die maatskappy – bekend vir sy sukses met die verspreiding van plaaslike vervaardigde rolprente. Sy het begin werk in die film-industrie in 2004 en was in produksie aangestel by DV8, waarna sy etlike jare as vryskutvervaardiger vir verskeie bekroonde televisiereekse en rolprente gewerk, onder andere Robert Sobukwe: A Great Soul. Na voltooiing van die SEDIBA kursus in draaiboekredigering, is sy deur die Nasionale Film en Video Stigting benader in 2011 om deel te wees van die span wat verantwoordelik is vir die ontwikkeling en promosie van Suid-Afrikaanse films, plaaslik en internasionaal.

Thandi Davids het meer as 25 jaar ervaring in media. Sy het haar loopbaan begin as reklamebeampte en later geskuif na produksie van regstreekse televisie-uitsending. Sy het ook gewerk in die drukkersafdeling van media asook saam met die Verenigde Nasies op groot byeenkomste. Sy is ’n bekroonde bemarker en het haar eie bemarkingsagentskap bestuur met kliënte plaaslik en internasionaal. Sy het gewerk as Afrika Streeksdirekteur vir Fox International en is een van die stigtingsvennote en tans Uitvoerende Direkteur by StoryScope. Thandi is mede-voorsitter van die Onafhanklike Vervaardigersorganisasie, en dien op die raad van beide die Durban Film Mart en die Lionel Ngakane Stigting.

Thierry Cassuto is die stigter en Hoof Uitvoerende Beampte van die produksiemaatskappy Both Worlds. Sy internasionale loopbaan in televisie en film strek oor 30 jaar as hoof uitvoerende beampte: ateljee, kanaaldirekteur, skrywer en vervaardiger. Hy het die kuns- en vermaakkanaal Paris Première gestig, was stigtingsdirekteur by M6, voor hy begin werk het by die Hollywood animasie studio Hanna-Barbera as president vir franssprekende lande. As vervaardiger in Frankryk en vir meer as 20 jaar in Suid-Afrika, het Thierry reeds 100 ure se draaiboek, asook animasie sonder draaiboek vir televisie vervaardig, insluitend die tweekeer Emmy-genomineerde en veelvuldige SAFTA-wenner ZANEWS: Puppet Nation. Ander programme sluit in Point of Order vir StarTimes, Parlement Parlement vir kykNET, en Comedy Central News vir ViacomCBS.

Todd Brown is ’n ervare filmfeesprogramkoördineerder en stigter van die internasionale en onafhanklike filmwebblad ScreenAnarchy.com (oorspronklik TwitchFilm.com). Hy het begin werk by XYZ Films in 2009 as Hoof van Internasionale Aanwinste. Gedurende sy tyd by XYZ, het Brown hom veral toegespits op opkomende talent en gewerk as vervaardiger en uitvoerende vervaardiger op Cannes, Toronto en Sundance rolprente soos The Raid, Spring, Bushwick, XX en vele ander. Buite sy werk by XYZ, is Brown ook die hoof by Macao Prject Market – ’n internasionale medeproduksiemark wat fokus op projekte wat die gaping tussen Oosterse en Westerse elemente oorbrug, en deel is van die Internasionale Filmfees en Toekennings Macao.

Vlokkie Gordon, Hoof Uitvoerende Beampte van Advantage Entertainment, het ’n loopbaan wat strek oor 35 jaar in die vermaaklikheidsindustrie met krediete van meer as 58 rolprente, televisie-rolprente en -reekse onder haar naam. Sy is een van Suid-Afrika se voorste vervaardigers en ’n gewilde keuse vir produksie-supervisie van internasionale en Suid-Afrikaanse produksies. Haar span bestaan uit van Suid-Afrika se mees ervare spesialiteitbestuur, tegniese spanne en produksiepersoneel.

Wikus du Toit is ’n toesigvervaardiger by M-Net en is verantwoordelik vir film, drama, komedie asook internasionale ko-produksies. Hy het ’n meestersgraad in Drama en ’n tweede MA in Tersiêre Onderrig en ’n tweede meestersgraad in Volwasse Opvoedkunde met ’n spesifieke fokus op die bevordering van kritiese denke en kreatiwiteit in film, TV en teater. Hy is ook ’n uitvoerende vervaardiger van meer as 15 Afrikaanse films, insluitend Toorbos, Barakat, Gaia, Fiela se kind en Griekwastad.

Wouter Jansen is ’n Berlinale Talent alumnus wat gewerk het as hoof van programmering by die Go Short Internasionale Filmfees tydens die eerste 10 feeste. Hy is eienaar van Square Eyes,’n maatskappy wat spesialiseer daarin dat hoofstroomrolprente die teikenmark en erkenning verkry wat hulle verdien. Met Square Eyes, verteenwoordig Wouter kragtige, skrywergedrewe rolprente en kort opnames, en werk nou saam met die rolprentvervaardigers om feesverspreiding en verkoopstrategieë te loods. Dit het tot gevolg gehad ’n klein katalogus rolprente wat vertoon is by gesogte filmfeeste en wat ook verskeie toekennings ingepalm het oor die laaste paar jaar by Cannes, TIFF, Berlyn, Locarno en Clermont-Ferrand.