Verwelkoming



Stories was nog altyd noodsaaklik vir mense om sin van hul bestaan te maak. Die kykNET Silwerskermfees is ’n hoogaangeskrewe Suid-Afrikaanse en Afrikaanse film- en inhoudsfees wat die plaaslike bedryf al vir die afgelope 13 jaar ondersteun, bemagtig en ontwikkel. Dit is hiér, in die minlike Kampsbaai, waar oorspronklike Suid-Afrikaanse stories jaarliks gekoester en gevier word.
Saam met die wêreld- of Suid-Afrikaanse premières van die jongste rolprente, vertoon die Silwerskermfees die werk van jong talent in ’n reeks diverse kortfilms en kort dokumentêre wat met die fees se finansiële ondersteuning en mentorskap vervaardig is. Kortfilms deur ervare filmmakers is daarop gemik om gehore te roer en opkomende talent te inspireer. Die propvol feesprogram sluit paneelbesprekings, werkswinkels en bedryfsgerigte meesterklasse in wat deur bekende plaaslike en internasionale kenners aangebied word. Die gesogte Silwerskermtoekennings vir Film en Televisie vereer uitstaande prestasies. Die Silwermark bied by die fees die geleentheid vir inpersoonvoorleggings aan beide kykNET en Showmax in ’n verskeidenheid inhoudskategorieë. Die fees wys ook uitgesoekte films elders in Kaapstad met opwindende gratis gemeenskapsvertonings in onderbediende woonbuurte.
Ons bly verbind tot die volgende doelwitte:
• Die uitbou van die Suid-Afrikaanse film- en TV-bedryf
• Ontwikkeling van gehore
• Opleiding en mentorskap
• Bevordering van plaaslike inhoud, nasionaal en internasionaal
• Sosiale kohesie en gesonde diskoers
Geniet asseblief die fees, en mag die omtoorvuur van ons eie magiese stories jou inspireer en met nuwe perspektiewe verras.
– Tina Kruger, Programbestuurder: kykNET Silwerskermfees
Silwerskerm-inisiatiewe





SILWERMARK
Elke jaar kry storievertellers in ’n verskeidenheid videovermaakgenres die geleentheid om ’n konsepvoorstel in ’n spesifieke kategorie in te skryf. Aansoeke word dan gekies om ’n inpersoonvoorlegging aan ’n paneel opdraggewende besluitnemers by die Silwerskermfees te maak. Die keurproses word deur M-Net se toesigvervaardigers gedryf wat in die verskeie kategorieë kundig is.
Die konsepte vir nuwe films, televisie- en stroomdiensprogramme moet in een van die volgende kategorieë wees en aan die dialoogvereiste van 70% Afrikaans voldoen:
- kykNET Drama
- kykNET Realiteit en vermaak
- kykNET Dokumentêr
- Afrikaanse speelfilm
- Showmax Teksgedrewe konsepte (komedie/drama)
- kykNET Adverteerde-geborgde programme (AFP)
KORTFILMPROJEK – Opkomende filmmakers
Die Silwerskermfees-kortfilmprojek bied opkomende filmmakers die geleentheid om kortfilms te ontwikkel en te vervaardig met die finansiële steun en mentorskap van die fees. Hierdie inisiatief het ’n lanseerplatform gebied aan talle nou bekende filmmakers om die bedryf te betree en hulself te vestig. Die projek het oor die afgelope paar jaar eksponensieel gegroei en het uitgebrei na verskeie kortfilmkategorieë.
KORTFILMPROJEK – Gevestigde filmmakers
Dié kategorie wat gevestigde filmmakers befondsing en ’n geleentheid bied om hul vakmanskap ten toon te stel, is vir die tweede jaar deel van die fees. ’n Voorwaarde vir deelname aan hierdie kategorie is dat die filmmakers ook minder ervare tegniese spanlede moet mentor.
KORT DOKUMENTÊRE FILMS – Opkomende filmmakers
Dié filmprojek bemagtig nuwe filmmakers om ware verhale te vertel deur kort dokumentêre van onder ’n halfuur te ontwikkel en te vervaardig. Dis ’n projek wat uit die staanspoor suksesvol was en vlugtig uitgebrei het om ’n hele nuwe genre vastrapplek in die feeslandskap te gee, met Silwerskermtoekenningskategorieë wat uitmuntende prestasies vier.
KORT DOKUMENTÊRE FILMS – Gevestigde filmmakers
Vanjaar is inskrywings oopgemaak vir meer ervare filmmakers wat in die dokumentêre veld werk, om konsepte in te dien vir keuring, befondsing en vertoning by die Silwerskermfees in 2026.
ONAFHANKLIKE KORTFILMS
Die Silwerskermfees is trots daarop om sy aanbod van onafhanklike kortfilms uit te brei. Tradisioneel was die meerderheid kortfilms wat by die fees vertoon is, geïnisieer, gefinansier en gementor deur die Silwerskermfees-kortfilmprojek. Hierdie jaar spog die fees met meer onafhanklike kortfilms deur plaaslike filmmakers in ‘n verskeidenheid genres en inheemse Suid-Afrikaanse tale.
SPEELFILMS
Oorspronklike draaiboeke en boekverwerkings het Silwerskermgehore oor die afgelope twaalf jaar bekoor in die opwindende afdeling vir speelfilms. ’n Jaarlikse hoogtepunt van die fees is hierdie rolprent-ervarings, geskep deur die room van die plaaslike bedryf in ’n verskeidenheid van filmgenres wat fokus op eg Suid-Afrikaanse verhale.
GEMEENSKAPSVERTONINGS
Die Silwerskermfees eerbiedig sy verbintenis om gehore te ontwikkel deur die fees se reikwydte in en rondom Kaapstad uit te brei en uitgesoekte speelfilms aan gemeenskappe te vertoon. Dikwels is die gekose films geïnspireer deur, gebaseer op, of selfs vervaardig in die betrokke gemeenskappe – ‘n manier vir die fees om aan die mense terug te gee.
TELEVISIE- EN STROOMDIENS-INHOUD
Sedert 2023 sluit die Silwerskermfeesprogram ook voorskoue van opwindende nuwe televisie- en stroomdiens-inhoud in. Dit beteken dat die kontemporêre Afrikaanse filmkuns nou in al sy gedaantes gehuisves, gestimuleer en gevier word by die unieke netwerkgeleentheid wat die fees bied. Dokumentêre, loodsepisodes van dramareekse en realiteits- en vermaaklikheidsprogramme word vertoon, en hierdie TV-storievertellers geniet die glans en swier van die fees saam met hul eweknieë in die filmbedryf.
kykNET SILWERSKERM-TOEKENNINGS VIR FILM EN TELEVISIE
Die Silwerskermtoekennings vir Film en Televisie het uitgebrei na twee gesogte prysuitdelingsgeleenthede wat uitmuntende prestasies – beide agter en voor die kamera – in 45 toekenningskategorieë vereer. Die geleenthede vind beide op 23 Augustus in Kaapstad plaas: die eerste een Saterdagoggend by The Bay Hotel, en die tweede een Saterdagaand by die CTICC. Die glansryke aandtoekenningsgeleentheid by die CTICC sal op kykNET uitgesaai word.
Silwerskermfeesspan

Silwerskermfeesprojekspan |
|
Uitvoerende projekbestuurder | Edmund Beukes |
Programbestuurder | Tina Kruger |
Projekbestuurder | Nicky Meiring |
Produksie-koördineerder | Carmen Botma |
Feeskoördineerder | Luzanne Paxton |
Gasteverhoudingsbestuur | Raymano Randall |
Inhoudsredakteur | Danie Marais |
Kreatiewe hoof | Haddad Viljoen |
Tegniese diensverskaffer – Vir Ewig Afrikaans | Wayne van Schalkwyk |
Registrasie en RSVP’s | Flock Events |
Reisagent – Backstage Travel | Ross Pallat |
Geleentheidsbestuur – Charcoal Consulting | Kirsten Kiely |
Skerms en feeskennisgewings – Sentient Creative | Gordon Bakkes |
Borgskappe | Christel Sampson |
Silwerskermfees: Bemarking & publisiteit |
|
Senior Bestuurder: Bemarking | Leo Smit |
Bemarkingsbestuurder | Abraham van Zyl |
Handelsmerkkoördineerders | Suné Els Ryan Mollentze |
Senior bestuurder: Publisiteit | Suzaan Keyter |
Publisiteitsbestuurder | Nadine Moonsammy |
Publisiteitsbestuurder | Herschelle Benjamin |
Sosiale media | Vicky Jankiewicz Leo Cordom |
Publisiteitsassistent | Abigail Baard |
kykNET |
|
M-Net-kanaaldirekteur: Premium-kanale | Waldimar Pelser |
Senior bestuurder: Skedulering | Janine Cornelius |
Bestuurder: Mikro-skedulering | Nicole du Toit |
Skeduleringspesialis | Lorika Boshoff |
Mikro-skeduleerders | Luyanda Chirenje Jasmine Wilson Sean Shaden Betsie Swart |
Kontrakkoördineerder | Tessa Carey-Osman |
Administrateur: Ruilooreenkomste | Memory Louw |
M-Net-inhoudspan |
|
Hoof van inhoud: Premium en ko-produksies | Scharl van der Merwe |
Senior bestuurder: Realiteit en vermaak | Terja Beney |
Senior bestuurder: Teksgedrewe inhoud | Wikus du Toit |
Toesigvervaardigers | Marguerite Albrecht Merveline Thorne Lizette Khan Quentin Krog Lucia Meyer-Marais Carla-Marie Myburgh Lorhren-Rose Joseph Etienne Daniels Desire Tan Liza Kleitman Shaamila Fataar Marianne De Klerk Muneera Sallies |
MultiChoice |
|
Uitvoerende groepshoof: Algemene vermaak | Nomsa Philiso |
Uitvoerende hoof van programsamestelling | Nicola Auret |
Silwerskermfeesspan

Silwerskermfeesprojekspan
Uitvoerende projekbestuurder
Edmund Beukes
Programbestuurder
Tina Kruger
Projekbestuurder
Nicky Meiring
Produksie-koördineerder
Carmen Botma
Feeskoördineerder
Luzanne Paxton
Gasteverhoudingsbestuur
Raymano Randall
Inhoudsredakteur
Danie Marais
Kreatiewe hoof
Haddad Viljoen
Tegniese diensverskaffer – Vir Ewig Afrikaans
Wayne van Schalkwyk
Registrasie en RSVP’s
Flock Events
Reisagent – Backstage Travel
Ross Pallat
Geleentheidsbestuur – Charcoal Consulting
Kirsten Kiely
Skerms en feeskennisgewings – Sentient Creative
Gordon Bakkes
Borgskappe
Christel Sampson
Silwerskermfees: Bemarking & publisiteit
Senior Bestuurder: Bemarking
Leo Smit
Bemarkingsbestuurder
Abraham van Zyl
Handelsmerkkoördineerders
Suné Els
Ryan Mollentze
Senior bestuurder: Publisiteit
Suzaan Keyter
Publisiteitsbestuurder
Nadine Moonsammy
Publisiteitsbestuurder
Herschelle Benjamin
Sosiale media
Vicky Jankiewicz
Leo Cordom
Publisiteitsassistent
Abigail Baard
kykNET
M-Net-kanaaldirekteur: Premium-kanale
Waldimar Pelser
Senior bestuurder: Skedulering
Janine Cornelius
Bestuurder: Mikro-skedulering
Nicole du Toit
Skeduleringspesialis
Lorika Boshoff
Mikro-skeduleerders
Luyanda Chirenje
Jasmine Wilson
Sean Shaden
Betsie Swart
Kontrakkoördineerder
Tessa Carey-Osman
Administrateur: Ruilooreenkomste
Memory Louw
M-Net-inhoudspan
Hoof van inhoud: Premium en ko-produksies
Scharl van der Merwe
Senior bestuurder: Realiteit en vermaak
Terja Beney
Senior bestuurder: Teksgedrewe inhoud
Wikus du Toit
Toesigvervaardigers
Marguerite Albrecht
Merveline Thorne
Lizette Khan
Quentin Krog
Lucia Meyer-Marais
Carla-Marie Myburgh
Lorhren-Rose Joseph
Etienne Daniels
Desire Tan
Liza Kleitman
Shaamila Fataar
Marianne de Klerk
Muneera Sallies
MultiChoice
Uitvoerende groepshoof: Algemene vermaak
Nomsa Philiso
Uitvoerende hoof van programsamestelling
Nicola Auret